Jong navorsers pak kwessies by wintergewasse
Nagraadse studente aan die Universiteit Stellenbosch ondersoek in hul navorsing van die tergendste kwessies in wintergraan- en kanolaverbouing. Dit kan tot beter begrip en oplossings vir volhoubare gewasproduksie lei.
Die welslae wat Wes-Kaapse boere in moeilike omstandighede met wintergraan en kanola behaal, kan in gelyke mate aan doeltreffende bewarings boerdery praktyke en vordering met navorsing toegeskryf word.
Nuwe vrae duik gedurig op namate omstandighede verander, soos wat met kanola-opbrengste gaan gebeur as die WesKaap 2 °C warmer word, hoeveel stikstof peulgewasse in werklikheid bind, en of alle peulgewasse dieselfde hoeveelheid stikstof bind.
Elke navorsingsprojek help om gewasproduksie en die wisselwerking met die grond en klimaat beter te verstaan en maniere te vind om gewasproduksie volhoubaarder en doeltreffender te maak.
Navorsing deur studente het ook’ nop leidings funksie en hulle kry geleenthede om met staatsdepartemente en die bedryf te skakel.
Nagraadse landboukunde studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) kon onlangs hul navorsing aan akademici en verteenwoordigers van die graan-en kanol a bedryf en inset verskaffers voorlê.
Die sukses van kanola en die eise wat die gewas stel, is van groot belang. Mnr. Andries le Roux, ’n doktorale student, kyk na die uitwerking van die huidige en toekomstige klimaat op die produksiepotensiaal van kanol a in die Wes-Kaap, terwyl me. Hanneke Augustyn met navorsing vir ’n meestersgraad gaan vasstel hoeveel stikstof peulgewasse bind en hoeveel van die stikstof na die opeenvolgende gewas oorgedra word.
OPBRENGSGAPING
Le Roux doen sy navorsing onder leiding van prof. Stephanie Midgley en dr. Johann
Strauss van die Wes-Kaapse departement van landbou, en prof. Pieter Swanepoel van die US.
Vandat boere in die 1990’s kanola begin plant het, het dit tot’ n volwaardige kontant gewas ontwikkel wat verbeterde onkruid bekampinge n grondstruktuur tot gevolg het. Deur kanol a by wisselbou stelsels in te sluit, word minder siektes en plae, en beter koringoeste in die jaar daarna ervaar.
In sy voorlegging skryf Le Roux dat 2021 se oes van 195 000 ton kanola op 100 000 ha op ’n gemiddelde opbrengs van 1,95 t/ ha neerkom. Tog toon die gemiddelde opbrengs van 3 t/ ha wat wenners verlede jaar in die kanol a-opbrengs kompetisie behaal het, dat die opbrengs potensiaal aansienlik groter is.
Verskille in opbrengs kan toegeskryf word aan verskille in bestuurspraktyke, soos verskillende stikstofpeile, maar hoofsaaklik aan verskille in die klimaat op verskillende plekke.
Die opbrengs potensiaal van’ n kultivar is die beste moontlike opbrengs wat op ’n spesifieke plek en in ’n spesifieke klimaat behaal kan word as grond-en bestuur s beperkings nie in berekening gebring word nie. Die werklike opbrengs is die gemiddelde opbrengs wat op ’n plek behaal word met inagneming van die gemiddelde boer se bestuurspraktyke.
Die opbrengsgaping is die verskil tussen die opbrengs potensiaal en die werklike opbrengs, of die verskil tussen die opbrengs potensiaal van verskillende plekke. Aangesien min navorsing nog daaroor by kanol a gedoe nis, gaan L e Roux die opbrengs potensiaal van vroeë en medium groeityd kanol a kultivar sin die Swartland bepaal en probeer vasstel wat die uitwerking van die huidige en toekomstige klimaat daarop is.
Die klimaatsfaktore wat kanolaproduksie in droëlandgebiede die meeste beïnvloed, is reënval en temperatuur. Produksiegebiede wat meer reën gedurende die groeiseisoen kry, is geneig tot ’n hoër produksiepotensiaal. Kanol a presteer die beste by temperature van 20 °C tot 25 °C gedurende die groeiseisoen. Relatief hoë temperature van meer as 30 °C tydens blomtyd kan veroorsaak dat blomme afspeen en die opbrengs verlaag word.
Klimaatkundiges voorspel dat temperature teen 2050 gemiddeld 2 °C hoër kan wees as die historiese waardes. Dit kan kano las e opbrengs potensiaal benadeel. Eweneens toon die jongste navorsing van die Wes-Kaapse departement van landbou ’n afname in reënval, wat in die toekoms ook ’n faktor kan wees wat opbrengs beperk.
KANOLAMODEL
Le Roux beoog ook om die kanolamodel wat drr. Mark Hardy en Mike Wallace in 2013 ontwikkel het om potensiële kanol a produksiegebied ete identifiseer, aan te pas by die huidige produksiepotensiaal van kanola, asook om huidige en toekomstige produksiegebiede te identifiseer.
Hardy en Wallace het in 2013 bevind dat 37% van die huidige produksiegebiede as hoë produksiegebiede geklassifiseer kan word ,56% as gebiede met’ n medium produksiepotensiaal, en 7% as gebiede met’ n lae produksiepotensiaal.
Van die 55 160 ha “nuwe” grond vir kanolaproduksie wat Hardy en Wallace in die Wes-Kaap kon identifiseer, het minder as die helfte (44%) ’n hoë potensiaal vir kanolaproduksie gehad. In die lig van die beperkte hoeveelheid nuwe grond wat potensieel vir kanolaproduksie beskikbaar is,
kom Le Roux tot die gevolgtrekking dat boere ander planne sal moet maak om die opbrengsgaping te verklein.
Deur die uitwerking van klimaat op kanola se opbrengsgaping te bepaal, kan planne beraam word om die gaping deur bestuurspraktyke en die verbetering van grond te verklein.
PEULPLANTE EN STIKSTOF
Nog ’n navorsingsprojek wat verreikende gevolge vir koringproduksie en wisselbou in die Wes-Kaap kan inhou, is Augustyn se projek om stikstofbinding deur sekere peulgewasse en die uitwerking op koring daarna te kwantifiseer.
Die vermoë van peulgewaswortels om in simbiose met Rhizobium-bakterieë atmosferiese stikstof in die grond te bind en die voordele wat dít vir die grond en opvolggewasse inhou, is goed bekend.
Die potensiaal van biologiese stikstofbinding is baie groot.
Dr. Newton Lupwayi van die Lethbridge-navorsings-en-ontwikkelingsentrum in Alberta, Kanada, en dr. Ann Kennedy van die Amerikaanse landbounavorsingsdiens aan die Universiteit van Washington het bevind dat ertjies, lensies, droëbone en kekerertjies in 2004 sowat 171 miljoen kg stikstof in die prairiegebied van Kanada gebind het. Dit is 7% van die totale stikstofkunsmis wat prairieboere in 2004 gebruik het. In dieselfde jaar is sowat 40 miljoen kg stikstof deur peulgewasse in Amerika gebind.
Danksy die stikstof wat peulgewasse bind, word minder toegediende stikstof benodig, is insetkoste laer en is die hoeveelheid stikstof wat kan uitloog en damme en riviere besoedel, minder.
Wat nie vooraf bekend is nie, is hoeveel stikstof sekere peulgewasse in ’n spesifieke gebied gaan produseer omdat die uitwerking van die plantspesie, grond en klimaat wissel. Augustyn skryf in haar navorsing die voordele van peulgewasse in wisselbou stelsels is bekend, maar die hoeveelheid stikstof wa tin grond in die Wes-Kaap gebind word, is onbekend.
“Boonop weet ons nie of die Rhizobium waarmee saad geïnokuleer word, die Rhizobium is wat nodules op die wortels en stamme van peulgewasse vorm nie.”
Die doel van haar navorsing is om uiteindelik akkurater advies aan boere te gee oor die hoeveelheid stikstof wat gebind word, en om vas te stel hoe produktief peulgewasse is.
Sy wil ook vasstel hoeveel kunsmis benodig word ná ’n spesifieke peulgewas.
Augustyn beoog om vyf ertjie- en vyf lupienkultivars, twee fababoon-, vier medics-, twee klawer- en twee wiekekultivars te toets. Die proewe word gedoen op die Tygerhoek- en Langgewens-navorsingsplaas van die Wes-Kaapse departement van landbou, asook op plase by Riversdal en Eendekuil.
Sy sal ook die koringgehalte in die jaar ná die peulgewasse toets en probeer uitvind of die Rhizobium waarmee die peulgewassaad geïnokuleer is, dieselfde is as dié wat in die nodule gevind word.
Augustyn doen haar navorsing onder leiding van Swanepoel, Strauss en mnr. Piet Lombard.