Landbouweekblad

SIEN BETREDERS GOU RAAK MET DIÉ LIG

- NAVRAE: ECM Technologi­es, 012 329 4116, e-pos: sales@ecmtech.co.za, web: www.ecmtech.co.za

Die X300U-A-handwapenl­ig van SureFire lewer ’n sterk LED-lig van 1 000 lumen. Met dié sterk lig kan ’n boer bedreiging­s op ’n taamlike afstand identifise­er en enige vermeende betreder op ’n plaas tydelik met die sterk ligstraal verblind. Met sy uitstekend­e kenmerke is die X300U-A gewild in die wetstoepas­sings- en militêre bedryf. Dit het ’n presisie-TIR-lens, en die sterk ligstraal deur die lens, tesame met ’n groter middelpunt, maak dit ’n doeltreffe­nde kombinasie vir situasies op naby tot medium afstand. Danksy die X300U-A se Rail-Lock®-stelsel kan dit vinnig aan ’n wapen gekoppel of weer ontkoppel word. Dit is toegerus met regter- én linkerhand-aanskakeli­ng en kan met een vinger beheer word.

Die lig is in ’n omhulsel van robuuste aluminium van lugvaartbe­dryf standaard.

Die afwerking het, volgens militêre standaard spesifikas­ies ,’ n beskermend­e metaallaag sodat dit krap- en roesweerst­andig is. Die waterdigth­eid is gegradeer as IPX7-standaard en dit is dus waterdig tot op 1 m vir 30 minute.

Die lig is beskikbaar in swart en geelbruin.

PRYS: R6 800

 ?? ?? R6 800
R6 800

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa