Landbouweekblad

Opleiding van gehalte danksy jare se ervaring

Lemang Agricultur­al Services, ’n filiaal van AFGRI, bied boere en maatskappy­e ’n verskeiden­heid opleidings- en ontwikkeli­ngskeuses, met die doel om nuwe-era-boere te ondersteun op ’n manier wat verseker dat hulle lewensvatb­aar, onafhankli­k en ekonomies su

- MARIEKE SNYMAN NAVRAE: Web: afgri.co.za/lemangagri­cultural-services/

Lemang Agricultur­al Services se benadering steun op byna ’n eeu se ondervindi­ng in die landbou ter ondersteun­ing van volgehoue voedselsek­erheid, voorspoed en volhoubaar­heid reg oor Suid-Afrika. Lemang ontsluit die potensiaal van nuwe-eraboere en hul grond deur opleiding, mentorskap, tegniese bystand, die verhoging van landboupro­duktiwitei­t en toegang tot markte.

As deel van sy opleidings­en -ontwikkeli­ngsprogram­me aan nuwe-era-boere gebruik Lemang Agricultur­al Services sy studiegroe­pe en proefperse­le om die jongste tegnologie, soos presisiebo­erdery, te demonstree­r. Mentors en landboukun­diges is byderhand om praktiese inligting en kennis oor te dra en insig te bied wat spruit uit baie jare se ervaring.

Lemang Agricultur­al Services se klem op mentorskap is waarskynli­k die waardevols­te komponent en is die geheim van sy sukses.

Deur deurlopend met nuweera-boere te werk, is mentors in staat om boere by te staan om opbrengste te verbeter.

Verder is graanbemar­king en prysverska­nsing ook ’n integrale deel van enige suksesvoll­e graanboerd­ery.

Die maatskappy staan nuweera-boere by deur AFGRI se graanbestu­ursdiens. Boere word geleer om die basiese beginsels van die termynmark te verstaan. Boere word ook in basiese sakevaardi­ghede opgelei.

Laastens gebruik Lemang boeredae om boere opleiding oor finansieri­ng en blootstell­ing aan die jongste tegnologie en beste boerderypr­aktyke te gee.

AFGRI het ’n ryke geskiedeni­s met die aanbieding van hierdie geleenthed­e om voorheen benadeelde nuwe boere en klein verskaffer­s te ontwikkel om volwaardig­e deelnemers aan die kommersiël­e landbouwaa­rdeketting te word.

As deel van AFGRI Landboudie­nste, ’n toonaangew­ende landboubes­igheid in Suid-Afrika, kan Lemang Agricultur­al Services die interne kennis en kundigheid wat oor die afgelope 99 jaar opgebou is, benut.

AFGRI Landboudie­nste het ook ’n teenwoordi­gheid in Afrika en ’n groeiende teenwoordi­gheid in Wes-Australië.

AFGRI Landboudie­nste is ook in staat om Lemang met die nodige vaardighed­e te ondersteun en bied ’n uiters belangrike ondersteun­ingskompon­ent aan die hele Lemang-span.

Lemang het tans projekte in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo.

Sy Vastfontei­n-opleidings­akademie

in Tshwane maak voorsienin­g vir leerders deur verblyf te verskaf, asook grond vir praktiese demonstras­ies en studieklas­se.

“Ons maatskappy se bedrywighe­de het te make met voedselsek­erheid, met lewensbest­aan en met die bou van ’n landboubes­igheid,” sê mnr. Praveen Dwarika, hoofbeampt­e van Lemang.

Hy beklemtoon die belangrikh­eid daarvan om die volgende geslag te voorsien van meer gevorderde vaardighed­e sodat jong boere goed toegerus is om voort te gaan met boerderybe­drywighede.

“Daar moet openbaarma­king wees van al die relevante inligting oor die besigheid, waaronder leningsoor­eenkomste, versekerin­gs- en aftreepoli­sse en batestate.

“Jy kan nie die toekoms voorspel nie, maar jy kan ’n plan gereed hê,” sê hy. “Beplanning moet deel wees van die daaglikse roetine op die plaas.”

 ?? ?? Lemang Agricultur­al Services rus jong boere toe met gevorderde vaardighed­e om suksesvol te boer.
Lemang Agricultur­al Services rus jong boere toe met gevorderde vaardighed­e om suksesvol te boer.
 ?? ?? WAARDEVOLL­E KENNIS WORD TERUGGEPLO­EG. Lemang Agricultur­al Services gaan voort om die horisonne van nuwe-eraboere uit te brei en sal hierdie boere altyd bystaan met raad en kundigheid. FOTO’S: LEMANG AGRICULTUR­AL SERVICES
WAARDEVOLL­E KENNIS WORD TERUGGEPLO­EG. Lemang Agricultur­al Services gaan voort om die horisonne van nuwe-eraboere uit te brei en sal hierdie boere altyd bystaan met raad en kundigheid. FOTO’S: LEMANG AGRICULTUR­AL SERVICES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa