Landbouweekblad

PRYSE STYG MET 23% BY SENEKAL

-

In die Vrystaat toon 61% distrikte ’n gunstige neiging vir grondpryse in die 12 maande tot April vanjaar. Pryse het veral gestyg by Senekal (23,3%) en Vredefort (13,8%). By Odendaalsr­us het pryse met 18,3% gedaal en by Philippoli­s met 11,4%.

In die betrokke tyd is 610 ooreenkoms­te in 42 distrikte gesluit. Dit het 267 321 ha teen R3,006 miljard behels.

Ten opsigte van die registrasi­e van transaksie­s vir plase van verskillen­de groottes, lyk dit soos volg (verlede jaar se syfer is tussen hakies): kleiner as 50 ha, 11% (10%); 50-150 ha, 17% (15%); 150-300 ha, 24% (25%); 300-450 ha, 19% (19%); 450600 ha, 9% (10%); groter as 600 ha, 20% (21%).

Die TABEL gee ’n opsomming van grondtrans­aksies in die Vrystaat groter as 10 ha.

— JOHANN BORNMAN

Statistiek­e vir ál die provinsies is op Landbou.com beskikbaar. Klik op Grond/Grond-oudit. Dit behels:

■ Besonderhe­de oor alle plaasverko­pe binne ’n distrik.

■ Ontleding van die randwaarde per hektaar.

■ Statistiek­e.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa