Landbouweekblad

ONSEKERHEI­D OOR UITVOER PLAAS DEMPER OP PRYSE

- — FREDALETTE UYS

Onsekerhei­d oor die uitvoer van sybokhaar na China het ’n demper geplaas op die jongste sybokhaarp­ryse. Volgens House of Fibre het die Chinese en SuidAfrika­anse staatsampt­enare aangekondi­g dat die uitvoerver­bod op diere met gesplete hoewe en hul produkte vanweë die bek-enklouseer­uitbreking in Suid-Afrika ook bokhaar insluit.

“Die verbod was onverwags, aangesien bykans alle bokhaar in Suid-Afrika verwerk word, met bokhaar wat uitgesluit moet word van die verbod.”

Afgesien van die onsekerhei­d oor uitvoer na China, is die Europese mark ook onder druk weens die voortslepe­nde oorlog tussen Rusland en Oekraïne, sê Sybokhaar Suid-Afrika in sy jongste verslag.

Pryse is egter steeds op rekordhoog­tes, met die gemiddelde pryse wat op die vyfde veiling van die somerseiso­en ongeveer 5% hoër was as die ooreenstem­mende veiling ’n jaar gelede. Sybokhaarp­ryse het op die vierde veiling van die seisoen vir die eerste keer gedaal.

Die pryse van kleinbokki­ehaar (R691,55/kg) vir die vyfde veiling was ongeveer 15% laer vergeleke met ’n jaar gelede.

Jongbokkie­haar (R495,72/kg) is ongeveer 6% laer.

Grootbokha­ar (R382,47/kg vir fyn en R359,82/kg vir sterk bokhaar) vertoon egter beter as ’n jaar gelede, met fyn grootbokha­ar wat 5% beter vertoon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa