Landbouweekblad

BUL BEHAAL R260 000

- — CHARL VAN ROOYEN

’n Bul het die hoogste prys van R260 000 behaal op die 16de produksiev­eiling van die Vlakte Bonsmara-groep wat op die plaas Doornpan van mnr. Tian Kruger by Roedtan gehou is.

Kruger se TKB Bonsmarast­oetery en die Frits Kroonboerd­ery van Morolong is die kopers. Die verkoper is mnr. Andries Kruger van Kameeldori­ng Bonsmaras, Marble Hall. Die 25 stoetbulle wat verkoop is, het gemiddeld R81 485 behaal.

Ál die vroulike diere op die veiling was kommersiël­e diere. Die duurste koei is vir R52 000 deur mnr. Leon-Frits Riekert, LFR Bonsmaras, Roedtan, aan dr. Juan Pera van Bryanston verkoop.

Die hoogste pryse (met die gemiddelde pryse tussen hakies) was: R14 500 (R12 518) vir speenkalwe­rs, R22 500 (R17 730) vir nie-dragtige verse, R35 000 (R32 091) vir koeie met kalwers, R52 000 (R30 314) vir dragtige koeie, en R41 000 (R36 696) vir dragtige koeie met kalwers.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Hierdie Bonsmara-bul is op die Vlakte Bonsmara-produksiev­eiling vir R260 000 verkoop. Dit was die groep se 16de veiling en die tweede van die jaar.
FOTO: VERSKAF Hierdie Bonsmara-bul is op die Vlakte Bonsmara-produksiev­eiling vir R260 000 verkoop. Dit was die groep se 16de veiling en die tweede van die jaar.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Die duurste bul op die Vlakte Bonsmara-produksiev­eiling is deur mnr. Andries Kruger (naasregs) vir R260 000 aan mnre. Tian Kruger (regs) en Frits Kroon (naaslinks) verkoop. Links is mnr. Douw Steyn, Kruger se kuddebestu­urder.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Die duurste bul op die Vlakte Bonsmara-produksiev­eiling is deur mnr. Andries Kruger (naasregs) vir R260 000 aan mnre. Tian Kruger (regs) en Frits Kroon (naaslinks) verkoop. Links is mnr. Douw Steyn, Kruger se kuddebestu­urder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa