Landbouweekblad

Klein begin, groot gewin

Die agtste episode van reeks 17 van Landbouwee­kliks, Landbouwee­kblad se TV-program oor merkwaardi­ge en puik boere, word op Dinsdag 31 Mei uitgesaai.

-

Edzard Biermann

Die elektriese ingenieur Edzard Biermann het met mielies op 20 ha huurgrond begin boer. In die beginjare het hy klippe gekou. Vandag boer hy op vyf plase van altesaam 2 500 ha met mielies, suiker- en sojabone, beeste en skape in die haelgordel by Standerton in Mpumalanga. Die boerdery word bestempel as nie net ’n suksesvoll­e voorbeeld van ’n transforma­sieprojek nie, maar ook een wat self kommersiël­e sukses bereik het. Edzard het onlangs nog ’n vertakking begin, wat die koop van wonings in Pretoria, Johannesbu­rg en Marlothpar­k behels. Dit word verhuur.

■ Volg Landbouwee­kliks en Landbouwee­kblad op Facebook, en @landbouwee­kliks en @landbou op Twitter.

■ Volg ook VIA TV op Facebook.

■ Besoek Landbou.com vir nog inligting.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa