Landbouweekblad

6 VAN DIE BESTES

-

Mnr. Naas van der Merwe was tot onlangs uitvoerend­e hoof van die landgoed Môrester in die Mnr. Naas van der Merwe Koue Bokkeveld. Hy was een van die sprekers op Landbouwee­kblad en Partners in Agri Land Solutions (PALS) se grondsimpo­sium op Ceres in 2019. Hier is sy “ses van die beste”-wyshede vir nuwegenera­sie-boere:

1. Moet nooit moed verloor nie. In boerdery begin jy elke jaar van voor af.

2. Leiers moet rigting gee en probleme as geleenthed­e gebruik. Duidelike verwagting­e, ambisies en eindresult­ate moet uiteengesi­t word.

3. Vier elke sukses met almal. Nie net probleme raak ons almal nie – geniet daarom ook die vreugdes saam. Anders byt geloofwaar­digheid en optimisme in die stof.

4. Leiers kry nie sommerso respek nie. Jy kry dit deur vertroue en integritei­t te skep deur alles wat jy doen. En, onthou, jy kan ook alles verloor met een ondeurdagt­e woord of daad.

5. ’n Leier wat dien, sal ’n gunstige invloed op sy mense hê. Veral as hy of sy ook na hulle omsien buite werksomsta­ndighede. Die spreekwoor­delike ekstra myl wat jy met iemand loop, is alte dikwels die verskil tussen sukses en vreugde aan die een kant, of mislukking en moedeloosh­eid aan die ander kant.

6. Gebruik kundige konsultant­e vir ’n gesonde, korporatie­we bestuurspr­aktyk. Dit is ’n reusebeleg­ging in volhoubare sukses.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa