Landbouweekblad

GRAANDIEWE VAL VAS

-

Veiligheid­sverteenwo­ordigers in die noorde van die Vrystaat sê die swak toestand van die paaie kan ’n rede wees hoekom relatief min gevalle van graandiefs­tal teen druktyd aangemeld is, sê dr. Jane Buys, veiligheid­srisikoont­leder by Vrystaat Landbou. Daar was by Bothaville wel voorvalle waar droë mielies van die lande gesteel word, en by Heuningspr­uit waar 15 gewapende mense tot 30 ton soja van ’n graandam afgeskep het. Buys meen diewe spits hulle op soja toe omdat die sojaprys tans goed is. Sy maan boere steeds om paraat te wees, hul lande te beveilig en nie masjinerie snags op die lande te los nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa