Landbouweekblad

BESTE BRANDEWYN

-

Van Ryn se 20 jaar oue potketel-brandewyn is onlangs deur The Drinks Report aangewys as die wêreld se beste brandewyn wat van wyn gemaak is. Volgens me. Marlene Bester, Van Ryn se meester-versnyer, is dié eerbewys die hoogste wat ’n stokery te beurt kan val. Die bekroonde brandewyn is ryk en dekadent, met geure soos vanielje, speserye en rooswater. Dit is gemaak van Chenin blanc- en Colombar-basiswyn wat destyds in koper-potketels verstook is. Een van dié ketels is meer as 200 jaar oud en word steeds daagliks gebruik.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa