Landbouweekblad

WAAR’S DIE KAAS, BRA?

-

By die boetiekkaa­smakery Belnori by Bapsfontei­n, Gauteng, maak die eienaars, mnr. Norman en me. Rina Belcher, hulle reg vir die winter. Hul Saanen-melkbokke is nou dragtig, wat beteken daar sal eersdaags nie meer bokmelk beskikbaar wees om hul bekroonde bokmelkkas­e mee te maak nie. In die winter vul die Belchers hul voorraad aan met kaas wat hulle van aangekoopt­e Jerseymelk maak. Die Belchers het

18 jaar gelede dié boerdery begin met vier Saanen-bokke, en vandag het hulle 150 bokke.

 ?? FOTO: RINA BELCHER ??
FOTO: RINA BELCHER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa