Landbouweekblad

VREDE / BOVELDER / R47 000

-

Die Bovelder-beesstudie­groep het puik nie-dragtige Bovelder-verse op hul veiling op Vrede aangebied. Die verse is uitverkoop teen gemiddeld R32 642. Die duurste twee lotte, een met 8 verse en die ander met 7 verse, van Deale Bovelders van Vrede is teen R47 000 stuk aan die Welbedacht-groep van Wepener verkoop. Van links is mnre. Daniël van Tonder, Ulrich Wagener en Fritz Ferreira (kopers van die Welbedacht-groep), Jan Mostert (afslaer) en Cronjé Deale (verkoper). Die veiling is aangebied deur BKB Standerton.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa