Landbouweekblad

KROONSTAD / MEATMASTER / R16 000

-

Die duurste ram en ooi op Grasveld Meatmaster­s se veiling by Besterskra­al, naby Kroonstad, is albei deur aanlyn kopers gekoop. Die dragtige, rooi ooi is teen R16 000 aan me. Lana Prinsloo van die Schalk Burger-boerdery, Pretoria, verkoop. Die telers is mnr. Johan en me. Jeanne Murry van Pienaarspa­n Meatmaster­s. Die duurste ram is teen R14 000 aan mnr. Johan van den Berg van Klipkuil Meatmaster­s, Leeudoring­stad, verkoop. Die teler is mnr. Willem Steenkamp van Wilgerboom Meatmaster­s, Calvinia. Van links, staande: mnr. Luan en me. Jeanne Murray, mnre. PW van Heerden, Johan Murray, Jacob Kgojani, me. Jalme en mnr. Willem Steenkamp en mnr. Gift Makhana; hurkend: mnre. Frankie Xonga, Eric Makhathe, en Corné du Plessis. CDP Afslaers het die veiling aangebied. Ramme het gemiddeld R8 000 behaal en ooie gemiddeld R3 742.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa