Landbouweekblad

VROT PAAIE BEDREIG LEWENS

-

Landbouwee­kblad se onlangse beriggewin­g oor hoe swak paaie ’n struikelbl­ok vir die landbou se groei en vir voedselsek­erheid is, het betrekking.

Ná 1994 het ek gedink die ANC gaan vir ’n paar jaar sy begroting vir sekere dienste aanpas om geld na die armes (swart mense) te kanaliseer. Dit was aanvaarbaa­r.

Nou, ná 28 jaar, is Suid-Afrika se teerpaaie ’n gemors en die instandhou­ding van ons sekondêre grondpaaie is basies beperk tot die skraap van ’n pad so dan en wan.

Die situasie waarin ons ons nou bevind, is dat ál die grondpaaie in die land basies oorgebou sal moet word, want die gruis is afgeskraap. Kan iemand vir ons sê wat die regering se beplanning in hierdie verband is?

Ons moet reeds self polisieman en brandweerm­an speel. Moet ons nou maar self begin padingenie­ur ook speel?

Ná die reën die afgelope paar maande is die grondpad hier by my in só ’n toestand dat ek basies eers sowat twee dae ná ’n bui reën eers weer die pad kan gebruik.

Een van die bure, wat ’n besigheid van sy plaas af bedryf, het sy stuk tot by die teerpad probeer skraap nadat dit gereën het, en dan moet hy dit weer skraap ná die volgende bui. Tot hy begin nou moed opgee, want ná elke bui val motors op die pad vas, en veral swaarvoert­uie maak ’n groot gemors van die nat pad.

My kinders en vriende wat met motors ry en nie bakkies het nie, kan nie eers vir my kom kuier nie, al is die pad droog, want die pad het erg verspoel.

Ek vrees die dag dat ek of van die werkers ’n ambulans nodig het as die pad in dié toestand is, want die ambulans gaan dit ook nie maak nie. Die polisie wat bakkies ry wat nie 4x4 is nie, gaan dit ook nie maak as daar ’n plaasaanva­l is en die pad is nat nie.

Hierdie situasie is dus nie net besig om groei te kortwiek nie – mense se lewe is op die spel.

Boere het nie die geld om die paaie self oor te gruis nie. ’n Klompie maande terug was daar ’n berig dat boere die pad kan regmaak en die geld terugeis van die betrokke departemen­t af. Miskien kan iemand meer duidelikhe­id gee oor hoe die proses werk en of dit enigsins die moeite werd is, want as ’n mens nie jou geld terugkry nie, sit jy in ’n gemors.

MAARTEN KRUGER Brief per e-pos ontvang.

 ?? ?? UILTJIE KNIP. Klein Ginkel du Plesis (3), sy tweelingbo­etie, Theunis, en ouer boetie, Prieur (5), van die plaas Truro by Nqanqarhu (Maclear) in die Oos-Kaap is baie lief vir die plaaslewe en verkies dit bo enigiets anders, sê hul ma, Annelisa. “Hulle geniet dit vreeslik om saam met hul pa, Pierre, en oupa Jean te stroop of in die trekker te ry wanneer daar geplant, gebaal of grond bewerk word. Ginkel en sy boeties was weer geduldig aan die wag by die skuur vir Pierre om die Claas-stroper te diens. Die volgende oomblik was Ginkel weg. Die oppasser wat ’n ogie oor hulle hou, vind hom toe rustig aan die slaap in die stroper se wiel, waar hy byna 30 minute geslaap het.” Pierre het sy kamera gegryp om die oomblik vas te vang en Ginkel toe wakker gemaak voor hy dalk uit die wiel rol!
UILTJIE KNIP. Klein Ginkel du Plesis (3), sy tweelingbo­etie, Theunis, en ouer boetie, Prieur (5), van die plaas Truro by Nqanqarhu (Maclear) in die Oos-Kaap is baie lief vir die plaaslewe en verkies dit bo enigiets anders, sê hul ma, Annelisa. “Hulle geniet dit vreeslik om saam met hul pa, Pierre, en oupa Jean te stroop of in die trekker te ry wanneer daar geplant, gebaal of grond bewerk word. Ginkel en sy boeties was weer geduldig aan die wag by die skuur vir Pierre om die Claas-stroper te diens. Die volgende oomblik was Ginkel weg. Die oppasser wat ’n ogie oor hulle hou, vind hom toe rustig aan die slaap in die stroper se wiel, waar hy byna 30 minute geslaap het.” Pierre het sy kamera gegryp om die oomblik vas te vang en Ginkel toe wakker gemaak voor hy dalk uit die wiel rol!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa