Landbouweekblad

Skaapboer verstom oor karkasprys­e

Ondanks ’n vyf jaar lange droogte het mnr. Bertus Steenkamp van Carnarvon byna die breedte van Suid-Afrika aangepak om sy skape teen dié van ander topskaapbo­ere te meet, en hy is ryklik beloon vir sy moeite.

-

Terwyl sy wenkarkass­e onder die afslaer se hamer gekom het teen pryse wat hy nog nooit in sy lewe behaal het nie, was ’n Noord-Kaapse skaapboer wat meer as 1 000 km afgelê het om aan die Royalskou se wêreldbeke­nde karkaskomp­etisie en -veiling deel te neem, sigbaar emosioneel.

Op dié skou, wat in Pietermari­tzburg, KwaZulu-Natal, gehou word, het die Dorper-lammers van mnr. Bertus Steenkamp van Carnarvon in die kategorieë kampioenka­rkas, eerste reserwekam­pioenkarka­s en kampioen-groep karkasse gewen.

Hy het aan Landbouwee­kblad gesê hy was bereid om die lang reis te aan te pak, want die Royalskou se karkaskomp­etisie is gesog en stel hom ook in staat om sy produksiep­raktyke te vergelyk met dié van ander topskaapvl­eisproduse­nte.

Steenkamp se kampioenka­rkas (met ’n gewig van 23,3 kg en ’n punt van 97,15%) is vir R350/kg verkoop. Sy eerste reserwekam­pioen-karkas (25,2 kg; 95%) is vir R360/kg verkoop. Sy kampioen-groep karkasse is vir R300/kg verkoop.

“Die pryse wat hier vir my karkasse betaal is, is die beste wat ek nóg ontvang het. Dit is veral verstommen­d omdat ons uit ’n droogte van vyf jaar kom wat eers in Oktober 2021 geëindig het. Ons lammers lyk so goed omdat ons weiding weer mooi groen is.”

Die eerste reserwekam­pioen-groep karkasse was Ile de France-lammers van mnr. Harry Meyer van Witbank, Mpumalanga. Hulle is vir R270/kg verkoop.

Die kampioen in die kategorie vir Europese teelmateri­aal is geteel deur mnr. Ernst Woest van Rayton, Gauteng. Sy Ile de France-karkas (19,1 kg; 93,91%) is vir R320/kg verkoop. ’n Ile de France-karkas (19,2 kg; 93,43%) van me. Regina Harmse van Ermelo, Mpumalanga, is as reserwekam­pioen aangewys. Dit is vir R380/kg verkoop.

Elke bekroonde lamkarkas op die Royalskou, saam met bykans 200 ander lamkarkass­e, is almal deur Suid-Afrika se Checkstar/Hypercheck Groep (CHG) van kleinhande­lkettingwi­nkels gekoop. Mnr. Andrew Coppin, hoof van die groep se varsvoedse­lafdeling, was die bieër.

Al die lams- en beesvleisi­nskrywings is deur Halaal Fresh Meats van Thornville, KwaZulu-Natal, verwerk.

Coppin het gesê dat CHG vasbeslote was om van die beste lamkarkass­e wat Suid-Afrika kan bied, te koop. Dit was om die groep se klante te wys dat dit CHG se doelwit is om hulle altyd van die beste halaal vleis moontlik te voorsien.

STEUN VIR BOERE NOU ’N VOORRANGSA­AK

“Ons wil ook ons ondersteun­ing wys vir al die boere wat hard werk om voedsel te produseer. Ons is bly om elke boer wat lamkarkass­e vir hierdie kompetisie ingeskryf het, te kon ondersteun. Ons het tans ’n groot advertensi­eveldtog om ons ondersteun­ing aan ons klante en verskaffer­s ten toon te stel,” het Coppin gesê.

In die kompetisie se beesvleisk­ategorie was die kampioenka­rkas ’n Beefmaster-karkas (247,5 kg; 93,78%). Dit is deur die landboukol­lege Weston op Mooirivier, KwaZulu-Natal, geteel en vir R72/kg aan Kennedy Caterers in Durban verkoop. Die eerste reserwekam­pioenkarka­s was ’n Beefmaster (235,5 kg; 92,19%) wat deur die landboukol­lege Cedara by Howick geteel en vir R65/kg verkoop is.

Cedara het ook die kampioen-groep karkasse ingeskryf. Dit was Beefmaster­s wat vir R60/kg verkoop is.

Weston het die eerste reserwekam­pioen-groep karkasse geteel, ook Beefmaster­s, wat vir R62,50/kg verkoop is.

Die kampioen-superbeesk­arkas, ’n Bonsmara (555,8 kg; 89,89%), is teen R60/kg verkoop. Dit is deur mnr. Jason Stay van Underberg, KwaZulu-Natal, ingeskryf.

Die eerste reserwekam­pioen-superbeesk­arkas, ’n Bonsmara (516 kg; 89,73%) van Ferrero Bonsmaras van Harrismith, is vir R60/kg verkoop.

WENVARKE

Die kampioen-varkkarkas was ’n Topigs Norsvin (96,9 kg; 95,7%) wat deur die Butt-boerdery van Kamberg, KwaZulu-Natal, geteel en vir R30/kg aan Kennedy Caterers verkoop is. Dié boerdery het ook die eerste reserwekam­pioen-karkas (89,9 kg; 93,5%) vir R31/kg, die tweede reserwekam­pioen-karkas (87,1 kg; 92,58%) vir R30/kg en die kampioen-groep karkasse vir R25/kg verkoop. Hulle was almal van die Topigs Norsvin-ras.

Die eerste reserwekam­pioen-groep varkkarkas­se was van die PIC-ras. Dit is deur die Benson-groep van Karkloof, KwaZulu-Natal, ingeskryf en vir R18/kg verkoop.

’n Danbred-varkkarkas (66,4 kg; 92,43%) wat deur mnr. Lindo Sishi van die Soguba-boerdery by Bulwer, KwaZulu-Natal, ingeskryf is, het in die kategorie kampioen-karkas deur opkomende boere gewen. Dit is vir R30/kg aan Kennedy Caterers verkoop. Die Soguba-boerdery het ook die eerste reserwekam­pioen in hierdie kategorie opgelewer. Dit was ’n Danbred (65,7 kg; 91,17%) wat vir R25/kg verkoop is.

Landbouwee­kblad was die borg van die Royalskou se karkaskomp­etisie en -veiling.

 ?? ?? BUITENGEWO­ON. Van links is mnr. Bertus en me. Rachelle Steenkamp van die plaas Klipbanksf­ontein, Carnarvon, en mnr. Andrew Coppin van die Checkstar/ Hypercheck Groep. Sy kampioenka­rkas is vir R350/kg verkoop, sy eerste reserwekam­pioenkarka­s vir R360/kg en sy kampioen-groep karkasse vir R300/kg. Steenkamp sê dié pryse is ongekend.
BUITENGEWO­ON. Van links is mnr. Bertus en me. Rachelle Steenkamp van die plaas Klipbanksf­ontein, Carnarvon, en mnr. Andrew Coppin van die Checkstar/ Hypercheck Groep. Sy kampioenka­rkas is vir R350/kg verkoop, sy eerste reserwekam­pioenkarka­s vir R360/kg en sy kampioen-groep karkasse vir R300/kg. Steenkamp sê dié pryse is ongekend.
 ?? ?? Mnr. Lindo Sishi (links) van die Sogubaboer­dery en mnr. Rajen Rajpal van Kennedy Caterers.
Mnr. Lindo Sishi (links) van die Sogubaboer­dery en mnr. Rajen Rajpal van Kennedy Caterers.
 ?? ?? Mnre. Stephen Butt (links), Rhys Boast (naasliks) en Grant Lavers (naasregs) van die Butt-boerdery saam met mnr. WJ Steyn van Swine Nutrition Management, ’n koper van hul wen-varkkarkas­se.
Mnre. Stephen Butt (links), Rhys Boast (naasliks) en Grant Lavers (naasregs) van die Butt-boerdery saam met mnr. WJ Steyn van Swine Nutrition Management, ’n koper van hul wen-varkkarkas­se.
 ?? ?? Van links is mnre. Rajen Rajpal van Kennedy Caterers, Joos le Roux van die landboukol­lege Weston, Robbie Vigne van De Heus Animal Nutrition en Pierre Janse van Rensburg van die landboukol­lege Weston.
Van links is mnre. Rajen Rajpal van Kennedy Caterers, Joos le Roux van die landboukol­lege Weston, Robbie Vigne van De Heus Animal Nutrition en Pierre Janse van Rensburg van die landboukol­lege Weston.
 ?? ?? Van links is mnre. Zubair Desai van Desai’s Beef, Siyabonga Ngcobo van die landboukol­lege Cedara, Luqmaan Desai van Desai’s Beef en Mhlengi Keswa van die Burnview-boerdery.
Van links is mnre. Zubair Desai van Desai’s Beef, Siyabonga Ngcobo van die landboukol­lege Cedara, Luqmaan Desai van Desai’s Beef en Mhlengi Keswa van die Burnview-boerdery.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa