Landbouweekblad

BAKPLAAT-PIZZA

-

JY HET NODIG

Deeg

500 ml (2 koppies) bruismeel 2 ml (1/2 teelepel) sout

80 ml (1/3 koppie) koue botter of margarien, in blokkies gesny

250 ml (1 koppie) melk

Bolaag

375 ml (1 1/2 koppie) tamatie-pizzasous 250 ml (1 koppie) gekrummeld­e fetakaas

125 ml (1/2 koppie) gesnipperd­e kouevleis van jou keuse 250 ml (1 koppie) gerasperde mozzarella­kaas

5 ml (1 teelepel) droë Italiaanse kruie

Voor jy begin: Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat liggies met olie.

STAP1

Sif die bruismeel en sout in ’n mengbak. Voeg die blokkies botter of margarien by en gebruik jou vingerpunt­e om dit by die bruismeel in te vryf. Hou aan vryf totdat die mengsel later soos growwe broodkrumm­els lyk.

STAP 2

Voeg die melk bietjie vir bietjie by die meelmengse­l, terwyl jy dit met ’n tafelmes meng. Ons noem hierdie tegniek: om vloeistof in te sny. Moenie al die melk gelyk byvoeg nie, want jy gaan dalk minder as 250 ml nodig hê. Voeg net genoeg by sodat ’n deeg vorm.

STAP 3

Druk die deeg met jou hande bymekaar en knie dit liggies in die bak, sodat dit mooi bymekaarko­m in ’n bal. Dit moet ’n sagte deeg wees, maar nie taai of klam nie.

STAP4

Druk die deeg egalig plat in die gesmeerde bakplaat. Gebruik jou hande hiervoor en maak seker dat die deeg oraloor ewe dik is.

STAP5

Skep nou die tamatiepiz­zasous met ’n lepel op die deeg en versprei dit egalig oor die hele oppervlak.

STAP6

Sprinkel die fetakaas oor die tamatiesou­s. Snipper die vleis met ’n kombuisskê­r en strooi dit saam met die mozzarella­kaas oor. Sprinkel die kruie laaste oor. Bak vir 20-25 minute tot deurgaar. Sit dadelik voor.

Lewer 4 groot porsies.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa