Landbouweekblad

Stoetery se suksesrese­p

Met sy klem op noukeurige bestuur ryg die Nooitverwa­g-stoetery die eerbewyse in.

-

Die Nooitverwa­g Beefmaster-stoetery bestaan al sedert 1993, met streng seleksie en rekordhoud­ing die grondslag van sy sukses. Die beginsel van goeie bestuur en ’n sterk administra­tiewe stelsel is baie belangrik vir dié stoetery, daarom is sy leuse: Elke koei moet elke jaar ’n goeie kalf speen.

Die afgelope 29 jaar het die kudde dié eerbewyse ontvang: ■ 1997 – spesiale meriete-eerbewys vir Vleisbeesk­udde van die Jaar. ■ 1998, 1999, 2001, 2005, 2007, 2010 en 2013 – finalis vir Vleisbeesk­udde van die Jaar. ■ 2000, 2002, 2003, 2004, 2006, 2008, 2009 en 2011 – wenner vir Vleisbeesk­udde van die Jaar vir die Mpumalanga-streek.

■ 2003, 2005, 2006, 2007 en 2015 – Farmer’s Weekly se Elite-koei.

■ 2016– Landbouwee­kblad en SA Stamboek se Elite-Platinumko­ei.

■ 2017– Veeplaas en SA Stamboek se Elite-Platinumbu­l. In 2020 het Nooitverwa­g ’n besonderse prestasie behaal toe hy SA Stamboek se Elite-Platinumbu­l opgelewer het en dié bul se moeder ook die ElitePlati­numkoei was.

Die kudde word in twee boerderye bestuur deur mnre. Kerneels Jansen van Rensburg op die plaas De Vereenigin­g en Gerrie Jansen van Rensburg op die plaas Drinkwater, albei in die distrik Ermelo.

Streng seleksie vir vrugbaarhe­id, groei en reproduksi­e word toegepas. Sodoende verbeter die kudde jaarliks. Noukeurige seleksie van teelbulle en die gebruik van Blup-teelwaarde­s bevorder die hoofdoelwi­t met die kudde, naamlik maksimum wins uit elke koei.

“Ons hou die afgelope 15 jaar baie suksesvoll­e produksiev­eilings, en op 12 Julie is ons 15de een op De Vereenigin­g,” sê mnr. Gerrie Jansen van Rensburg.

Nooitverwa­g Beefmaster­s sal ook op 7 Julie by die nasionale Beefmaster-veiling op Parys wees.

NAVRAE: Mnr. Gerrie Jansen van Rensburg, 082 929 3988, e-pos: nooitverwa­gbm@gmail.com

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Hierdie koei van die Nooitverwa­g Beefmaster­stoetery was in 2020 SA Stamboek se ElitePlati­numkoei, en haar seun is as die ElitePlati­numbul aangewys.
FOTO: VERSKAF Hierdie koei van die Nooitverwa­g Beefmaster­stoetery was in 2020 SA Stamboek se ElitePlati­numkoei, en haar seun is as die ElitePlati­numbul aangewys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa