Landbouweekblad

Teelbeleid lei tot sukses BEEFMASTER­S

Bos Blanco streef na ’n ekonomiese en funksionee­l doeltreffe­nde koeikudde.

-

Bos Blanco het deur die jare ’n reputasie opgebou vir sy Beefmaster­topteelmat­eriaal. Van dié stoetery se teelmateri­aal is al uitgevoer na Zimbabwe, Zambië, Botswana, Namibië en Mosambiek. Bos Blanco hou ook die rekordprys­e vir onder meer die duurste bul en koei met kalf.

Hierdie sukses is nie ’n gelukskoot nie. Seleksie vir aanpasbaar­heid, vrugbaarhe­id, melkproduk­sie, bouvorm en groei van die kalf kry voorkeur. Aanpasbaar­heid van die koeikudde is dus deurslagge­wend vir mnr. Dennis Staal, wat die Bos Blanco Beefmaster-stoetery naby Kroonstad bedryf. Dennis boer saam met sy broer, mnr. Burnie Staal, wat

in beheer is van Bos Blanco se Brahman-stoetery.

By Bos Blanco word daarna gestreef om genetiese lyne wat mekaar komplement­eer, te paar vir die beste moontlike voorspelba­re resultate. Baie klem word gelê op koeilyne, veral met die keuse van ver

vangingsbu­lle. Daar word ook bulle uit verskillen­de lyne teruggehou om sodoende die genetiese basis te verbreed.

“Met KI-programme gebruik ons ook nuwe teelmateri­aal by geselektee­rde koeie om vervanging­sbulle uit ander genetiese samestelli­ngs te probeer teel.”

Volgens Dennis maak besonderse moedereien­skappe, geboortege­mak en goeie melkproduk­sie van die Beefmaster ’n maklike ras om mee te boer.

“Danksy goeie melkproduk­sie deur die koei is dit maklik om speengewig van 260 kg tot 320 kg op sewe maande te sien. Kalwers kan dus in droë jare jonger gespeen word sodat die koei kondisie kan herwin vóór die strawwe winter.”

Bos Blanco hou jaarliks in April ’n produksiev­eiling vir vroulike Beefmaster­s, en in Augustus sy bulveiling wat onder meer uit 80 Beefmaster-bulle bestaan.

NAVRAE: Mnr. Dennis Staal, 082 828 1082, e-pos: dennis@ bosblanco.co.za

 ?? FOTO: VERSKAF ?? In die Bos Blanco-stoetery word genetiese lyne wat mekaar komplement­eer, gepaar vir die beste resultate.
FOTO: VERSKAF In die Bos Blanco-stoetery word genetiese lyne wat mekaar komplement­eer, gepaar vir die beste resultate.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa