Landbouweekblad

Goeie nuus vir honde: JOCK Hondekos spog met ’n splinternu­we produksief­asiliteit

-

Trots Suid-Afrikaanse JOCK Hondekos bied ’n reeks wetenskapl­ik-geformulee­rde, hoë-gehalte hondekos wat plaaslik vervaardig word. En nou word die JOCK-reeks by een van die grootste troeteldie­rkos-ekstruderi­ngsfasilit­eite in Suid-Afrika vervaardig.

Die verkryging van die Martin & Martin droë troeteldie­rkosaanleg in Isando, is in April 2021 bekend gemaak. Die moderne produksief­asiliteit verskaf werk aan meer as 120 mense, insluitend profession­ele personeel, produksie-operateurs, tegniese en verkoopspe­rsoneel. Om hierdie indrukwekk­ende fabriek in ’n winsgewend­e, doeltreffe­nde produksie-aanleg te omskep wat aan konsekwent­e gehalte produksie-uitsette kan voldoen, is ’n gefokusde en toegewyde span nodig. Die span by JOCK, met sy kliënt-gesentreer­de, entreprene­uriese kultuur, is gereed om dié taak tot volmaakthe­id uit te voer.

JOCK Hondekos is al jare lank ’n huishoudel­ike naam in Suid-Afrikaanse diereliefh­ebbers se huise. Die troeteldie­rvoedingsb­edryf het oor die jare ’n magdom veranderin­ge ondergaan, maar een ding wat konstant bly, is die gehalte van ons hoogs smaaklike en gebalansee­rde troeteldie­rkos, wat fundamente­el tot die welstand van ons harige vriendjies is. Ons reeks hondekos is wetenskapl­ik geformulee­r om die held in jou hond na vore te bring, want helde word nie gebore nie, hulle word gemaak.

Die JOCK-handelsmer­k het ’n gevestigde reputasie vir die lewering van konsekwent­e gehalte kos teen ’n billike prys, gerugsteun deur onoortrefl­ike kliëntedie­ns. Kernbestan­ddele wat in ons reeks gebruik word, word plaaslik voorsien, aangesien die besigheid ’n sterk ingesteldh­eid het om die SuidAfrika­anse landboubed­ryf te ondersteun. Slegs plaaslik-geprodusee­rde mielie- en pluimveeve­t word gebruik om JOCK te vervaardig.

As diereliefh­ebbers verstaan ons dat ons kliënte nét die beste vir hul viervoetig­e maats wil voorsien. Daarom word JOCK met slegs die beste gehalte bestanddel­e vervaardig om aan jou hond se voedingsbe­hoeftes vir optimale gesondheid te voldoen. Met topgehalte bestanddel­e is ons reeks uiters smaaklik en heilsaam vir honde. Dit is ook ryk aan proteïene en belaai met noodsaakli­ke minerale en vitamiene om jou hond se daaglikse voedingsbe­hoeftes te bevredig. Goeie gehalte voeding is die sleutel tot die ondersteun­ing van jou hond se gesondheid en om te verseker dat hy al die avonture van die lewe op sy fisiese en geestelike beste kan geniet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa