Landbouweekblad

SA sojas op pad China toe

- — NICO VAN BURICK

DAAR is vanjaar reeds plaaslike sojabone vir uitvoer beskikbaar en een van die moontlike uitvoerbes­temmings is China. Suid-Afrika voldoen aan al die protokolve­reistes vir dié uitvoer en daar word net gewag op die finale goedkeurin­g, sê mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienst­e by Graan SA.

Volgens die jongste oesskattin­gs het Suid-Afrika hierdie seisoen die grootste sojaboonoe­s nóg, van 1,93 miljoen ton, en die tweede grootste sonneblomo­es van 963 000 ton.

“Die verwagting is dat Suid-Afrika van 850 000 ton tot 920 000 ton sonneblom en 1,55 miljoen ton sojabone sal kan pers,” sê Louw.

Daar sal sowat 380 000 ton sojabone beskikbaar wees vir uitvoer. Louw sê in die lig van ’n groot verwagte toename in aanplantin­gs in die nuwe seisoen sal daar volgende jaar heelwat meer beskikbaar wees vir uitvoer en daarom word hard gewerk aan uitvoermar­kte en die logistiek vir uitvoer.

PLAASLIKE VERBRUIK

Teoreties is Suid-Afrika se parskapasi­teit vir sojabone nou sowat 1,8 miljoen ton ná uitbreidin­gs van meer as R2 miljard en vir sonneblom is die kapasiteit sowat 900 000 ton. Met die groot uitbreidin­gs in sojaboonaa­nplantings wat in die volgende seisoen verwag word, kan dit die plaaslike parskapasi­teit oorskry.

“Ons voorsien dat baie meer van ons eie oliekoek volgende jaar sal gaan na kusgebiede wat tot dusver oliekoek ingevoer het. Met die hoë oliepryse internasio­naal maak dit nou meer sin om alles te verwerk wat ons plaaslik het. Ons sal dan sien wat is die werklike parskapasi­teit teenoor die teorie.”

Dr. Werner Rossouw, direkteur van Silostrat, sê die verwagting is dat die plaaslike

sojaboonaa­nplantings met 150 000 ha tot 200 000 ha sal vermeerder.

WÊRELDNEIG­ING

Hy sê dit is ’n wêreldwye neiging dat meer sojabone aangeplant gaan word. “Die pryse is op die oomblik baie goed. As ’n mens kyk na die voorseisoe­nkontrakte wat op die oomblik in Amerika gesluit kan word, is dit die hoogste ooit. Dan is die insetkoste natuurlik ook laer as vir alternatie­we kommoditei­te.”

Hy sê die verwagting is dat Amerika sy grootste aanplantin­g in die geskiedeni­s gaan hê en daar is gerugte dat China, Brasilië en Argentinië ook minder mielies en meer sojabone gaan plant. Die Amerikaans­e departemen­t van landbou se vraag-en-aanbodvers­lag het in Mei al aangedui dat die wêreldprod­uksie van sojabone in die 2022-’23-seisoen die hoogste ooit kan wees. Dit behels ’n toename van sowat 45 miljoen ton teenoor hierdie seisoen.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa