Landbouweekblad

WYNVOORRAA­D BLY NOG TWEE JAAR LANK HOOG

- — LUCILLE BOTHA

DIE plaaslike wynbedryf hoop om binne twee jaar die oorskot wyn in kelders weg te werk.

Voorraadvl­akke in wynkelders was verlede jaar op ’n rekordhoog­tepunt, met ’n oorskot van 200 miljoen liter wyn in Desember 2021. Die voorraadvl­ak was laas aan die einde van 2019 in balans ná die invloed van die droogte op produksie.

Die hoë voorraadvl­ak is weens sowat 160 miljoen liter méér wyn wat geprodusee­r is as in die droogtejar­e. Tydens die covid-19-inperking is die bedryf ook vir sowat 23 weke nie toegelaat om wyn plaaslik te verkoop nie en hy kon vir vyf weke nie uitvoer nie.

Me. Yvette van der Merwe, uitvoerend­e hoof van Sawis, het op ’n media-inligtings­dag op Stellenbos­ch gesê die wynbedryf probeer die voorraad op ’n verantwoor­delike manier verminder deur meer wyndruiwe aan die nie-alkoholies­e segment toe te wys en meer wyn vir asyn, voedselpro­dukte en skemerkelk­ies uit te voer.

Volgens mnr. Rico Basson, uitvoerend­e direkteur van Vinpro, was dit ’n groot bekommerni­s dat wynboere hul produk sou begin stort om daarvan ontslae te raak.

“Ons is baie verlig dat dit nie gebeur het nie.”

AANBODSITU­ASIE

Van der Merwe meen die ooraanbods­ituasie kan só verbeter dat daar aan die einde van die huidige jaar 80 miljoen liter tot 130 miljoen liter wyn minder in kelders sal wees.

“Dit hang grootliks af van verbruiker­s se bestedings­vermoë, die grootte van die Noordelike Halfrond se druiwe-oes en of daar geleenthed­e vir ons gaan wees, die invloed van die krisis in die verskaffin­gsketting, die oorlog in Oekraïne, of ons nuwe covid-19-stamme gaan sien en die stygende energiepry­s. Daar is dus meer probleme as in ’n gewone jaar. Dit sal bepaal hoeveel wyn ons aan die einde van die jaar gaan oorhê.”

Volgens Van der Merwe is die wêreldwye produksie sowat 300 miljoen liter wyn minder, maar wynverbrui­k het verlede jaar met 200 miljoen liter herstel ná ’n groot afname die vorige jaar.

“Dit skep geleenthed­e vir ons, maar die situasie is steeds onseker in die lig van die probleme wat ons in die gesig staar. Daarom skat ons die bedryf sal eers teen 2024 stabilisee­r vanuit ’n vraag-en-aanbod- en voorraad-oogpunt.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa