Landbouweekblad

ESKOM MAAK GROEN PLANNE

- — JOANIE BERGH

AS dit van mnr. André de Ruyter, uitvoerend­e hoof van Eskom, afhang, sal Suid-Afrika teen 2040 reeds 50% meer toegerus wees met waterstof- en koolstofvr­ye stelsels wat hernubare energie optimaal benut.

De Ruyter het gesê Suid-Afrika staan aan die voorpunt om oor te skakel na omgewingsv­riendelike­r energieste­lsels om natuurlike energie te omarm en sodoende die gebruik van fossielbra­ndstowwe drasties te verminder.

Om dit te doen, het Eskom egter “miljarde en miljarde” rande nodig om hom heeltemal te herstruktu­reer in ’n poging om buitelands­e beleggings vanuit die private sektor te lok.

Dít het De Ruyter duidelik gemaak op die jaarlikse Enlit Afrika-energiekon­ferensie in Kaapstad voor ’n groot gehoor wat verskeie buitelands­e hooggeplaa­stes in die energiewêr­eld ingesluit het.

Volgens hom is die Suid-Afrikaanse

regering ernstig om Suid-Afrika se energieste­lsel te transforme­er. Eskom wil die plan spoedig uitvoer, terwyl hy steeds sy ekonomiese doelwitte behaal. Dít sal die groot trekpleist­er wees vir verskeie plaaslike en internasio­nale beleggers.

Dit gaan egter nie nét die belastingb­etaler se beursie raak nie. Nes Eskom ook op internasio­nale finansieri­ng staatmaak, probeer die maatskappy om nou meer steun vanuit die private sektor te wen.

“Die proses om oor te skakel na natuurlike energie is onvermydel­ik. Juis daarom het Eskom beleggers nodig om volhoubare infrastruk­tuur daar te stel,” het hy gesê.

Hoewel dit ’n projek is wat miljarde rande gaan kos, is dit haalbaar, meen De Ruyter.

WERKGELEEN­THEDE

“Ja, daar gaan heelwat mense wees wat hul werk op steen

verloor. Maar volgens navorsing gaan daar tot 160 000 nuwe werkgeleen­thede – meer as die bogenoemde verliese – geskep word. Om oor te beweeg na die gebruik van hernubare energie en weg van steenkool is nie ’n proses wat gevrees moet word nie. Dit gaan baie nuwe geleenthed­e vir Suid-Afrika en sy mense skep.”

Du Ruyter beoog om in die volgende tien jaar ’n groener Suid-Afrika te help skep. Die projek gaan na raming sowat R131 miljard kos. Daarmee sal onder meer 8 000 km tot 10 000 km se energie-oordraglyn­e gelê en 101 nuwe substasies gebou moet word. Daar moet ook gasgedrewe opwekkings­vermoë van 3 000 MW tot 6 000 MW ontwikkel word.

Mnr. Bernard Rey, hoof van die Europese Unie (EU) se afvaardigi­ng in Suid-Afrika, het beklemtoon Europa staan bankvas agter Afrika in die vasteland se poging om groener energieste­lsels te vestig. Die EU ondersteun die regering se doelwit om ’n “skoonenerg­ietoekoms” vir komende geslagte te skep.

Hy het gesê die EU onderneem om €150 miljard (sowat R2 biljoen) aan Afrika te skenk om klimaatsve­randering aan te pak.

Dit is aansienlik meer as die $8,5 miljard (R131 miljard) waartoe die EU hom op die Cop26-beraad einde verlekoolm­yne

de jaar in Glasgow, Skotland, verbind het.

STEENKOOL BLY

Suid-Afrika se behoefte aan stabilitei­t – midde-in die transforma­sieproses – gaan hom egter steeds van steenkool afhanklik maak. De Ruyter het gesê die land gaan lank ná 2035 nog steenkool gebruik.

“Suid-Afrika se ekonomie is geskiedkun­dig op steenkool gegrond. Die land kan dié byna eeu lange bydrae van die steenkoolb­edryf nie miskyk nie. Daarom het ons ’n morele en maatskapli­ke verantwoor­delikheid om daardie bydrae nie bloot te verwerp en gemeenskap­pe sonder werk te laat nie.”

 ?? FOTO: ?? STEENKOOL
BLY. Volgens mnr. André de Ruyter, uitvoerend­e hoof van Eskom, sal steenkool nog lank ná 2035 in Suid-Afrika gebruik word vir kragopwekk­ing. ANDRIES GOUWS
FOTO: STEENKOOL BLY. Volgens mnr. André de Ruyter, uitvoerend­e hoof van Eskom, sal steenkool nog lank ná 2035 in Suid-Afrika gebruik word vir kragopwekk­ing. ANDRIES GOUWS
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa