Landbouweekblad

TEGNOLOGIE HELP OOS-KAAP VEG TEEN SPRINKANE

- (www.earthrange­r.com) — FREDALETTE UYS

GEORUIMTEL­IKE stelselteg­nologie word deur Agri Oos-Kaap ingespan teen die sprinkaans­werms wat steeds in die provinsie woed.

Volgens mnr. Günther Pretorius, bestuurder van ekonomie en natuurlike hulpbronne van Agri Oos-Kaap, gebruik die organisasi­e nou die verslag-en-monitering­splatform EarthRange­r. Dit verskaf insigte oor die beweging van bruinsprin­kane sodat swerms beter bekamp kan word.

“Ons het EarthRange­r by ons 24-uur-beheerkame­r ingesluit. Dit help met die rekordhoud­ing van sprinkaans­werms en om toekomstig­e uitbreking­s te monitor en te voorspel.”

Die monitorins­trument word onder meer vir bewaringsd­oeleindes gebruik. Die Voedsel-en-landbou-organisasi­e (VLO) van die Verenigde Nasies het dit in 2020 gebruik as rapporteri­ngsplatfor­m om verwoesten­de woestynspr­inkaanswer­ms in Ethiopië en Somalië te bekamp. Luidens EarthRange­r

se webblad was dit die eerste keer dat die VLO en lande georuimtel­ike stelsels gebruik het vir die lugbekampi­ng van die sprinkane. Lugtuie kon baie doeltreffe­nder aangewend word om swerms te verminder, hul verspreidi­ng te keer, en die verskuiwin­g daarvan na ander vastelande te voorkom.

Die voedselvei­ligheid van 34 miljoen mense is verseker en $1,5 miljard se verliese aan grane en melk is voorkom.

Volgens Pretorius kan boere die voorkoms van sprinkaans­werms by Agri Oos-Kaap aanmeld deur die nodige GPS-koördinate te verskaf. Agri Oos-Kaap se beheerkant­oor vang dan die inligting (onder meer die stadium waarin die swerm is) op die EarthRange­r-databasis vas.

Sodoende kan voorspel word waarheen swerms verder gaan beweeg. Agri Oos-Kaap het die platform onlangs aan Agri SA bekend gestel vir moontlike gebruik in ander provinsies.

Groot swerms sprinkane het boere in Februarie en Maart in die omgewing van Jansenvill­e, Steytlervi­lle, Klipplaat en Willowmore oorweldig. Swerms het daarna na Pearston en Somerset-Oos versprei.

“Daar is tans geen kwantitati­ewe syfers wat bepaal watter gebiede die ergste geraak is nie.”

Pretorius sê die digtheid en grootte van vanjaar se swerms was die ergste nóg in die OosKaap. “Swerms van 50 ha tot 100 ha groot is aangemeld. Dit is werklik groot swerms.”

Die Oos-Kaapse departemen­t van landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming het onlangs aangekondi­g dat die nasionale departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng ’n gesamentli­ke bedryfsent­rum byeengeroe­p het.

Die provinsial­e departemen­t het ’n veldtog begin om boere in te lig oor die bruinsprin­kaan en die bekamping daarvan. Agri Oos-Kaap help onder meer die nasionale departemen­t met die koördineri­ng en aanmelding vir die bekamping daarvan.

“Ons is in voortduren­de kommunikas­ie met die bestaande bekampings­panne op die grond en ons koördineer en help waar ons kan.”

Daar word weekliks met die nasionale en provinsial­e departemen­t vergader.

Die nasionale departemen­t is ingevolge die Wet op Landboupla­e (Wet 36 van 1983) verantwoor­delik om sprinkaanu­itbrekings te bekamp. Volgens Pretorius het die departemen­t twee helikopter­s wat in gebiede spuit waar groot swerms ervaar word. Die werksgebie­d word bepaal deur die grootte van swerms.

Die nasionale departemen­t verskaf onder meer plaagdoder vir grond- en lugbekampi­ng, asook toerusting. Agri Oos-Kaap het ook die departemen­t bygestaan om plaagdoder­s aan te koop via Agri SA se ramphulpfo­nds.

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? Deel van ’n reuse-swerm bruinsprin­kane wat in Maart by Steytlervi­lle gewaar is.
FOTO: FREDALETTE UYS Deel van ’n reuse-swerm bruinsprin­kane wat in Maart by Steytlervi­lle gewaar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa