Landbouweekblad

REGTE STRUKTUUR, INGESTELDH­EID NOODSAAKLI­K

-

Opvolgbepl­anning is ’n belangrike aspek van ’n familieboe­rdery, sê mnr. Nicol Mostert. Hul boerdery se werksaamhe­de is reeds só gestruktur­eer dat wanneer sy pa besluit om af te tree, dit nie die boerdery sal ontwrig nie.

Die boerdery se grond is in twee trusts verdeel wat saam een maatskappy vorm.

“Een van ons (hy en sy broer, Johan) sal dit nie op ons eie kan doen nie. Die besigheid is dus só gestruktur­eer dat indien een van ons dit verlaat, iemand anders weer daarby betrek kan word.”

Om saam met sy pa en broer te kan boer, is vir Nicol ’n voorreg.

“’n Mens sien van kleins af uit om in jou pa se voetspore te volg. As jou pa ’n sukses van ’n boerdery maak, wil jy nie swakker vaar as hy nie.

“Met die gesaaides sit jy jou eerste oes in die grond en wonder of daar ’n oes sal wees; watter foute jy gemaak het.

“My pa het my geleer jy moet sien, met jou hande vat en dan doen.

“Jy moet heeldag op die plaas wees.

Hoe meer ons van presisiete­gnologie en bewaringsl­andbou gebruik maak, hoe meer moet jy op die plaas wees.

“Jy wil net so suksesvol soos jou pa wees, maar eintlik selfs suksesvoll­er. En jy stamp jou kop in die proses en maak foute. As jy in ’n boerdery ’n fout maak, dra jy die gevolge van daardie fout tot jy die dag oes. Dit is maar deel van boer.”

Wat jy ook al besluit om in ’n boerdery te doen, jy moet ’n liefde daarvoor hê om ’n sukses daarvan te maak, sê Nicol.

“Jy is óf ’n boer of jy is nie. Jy staan nie net eendag op en besluit om te boer nie. Dit gaan nie werk nie. Jy sal ná die eerste dag keelvol wees.

“Om ’n boer te wees, moet deel van jou menswees wees.”

Hy sê dit is ook die rede hoekom jy nie moet probeer om iemand in die landbou intedwingn­ie.

“Dit is nie volhoubaar nie. Jy moet optimistie­s wees. As jy heeldag sit en pessimisti­es voel oor jou werk, sal jy nie suksesvol wees nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa