Landbouweekblad

Sakpas-etes met VLEIS

Ja, jy kan steeds gereeld vleis op tafel sit, al knyp die begroting. Kies sakpas-snitte soos maalvleis, skenkelvle­is of ’n bekostigba­re vleissoort soos varkvleis.

-

die deksel af en verwyder die kastrol van die hitte. Roer die jogurt, suurlemoen­sap en vars koljander na smaak by. Sit voor op rys, in roti’s of poppadums. Lewer 6-8 porsies.

HERDERSPAS­TEI MET PATATKAPOK

4 groot patats, geskil en in blokkies gesny

2 uie, baie fyn gekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 1 kg beesmaalvl­eis

30 ml bruinuieso­ppoeier 375 ml water

15 ml worcesters­ous

60 ml tamatiesou­s Warm melk en botter, vir die patatbolaa­g Sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 190 °C. Kook die patats in ’n groot kastrol soutwater tot sag. Terwyl die patats kook, braai die uie en knoffel saam tot sag.

Voeg die maalvleis by en braai bruin. Sprinkel die uiesoppoei­er oor en roer deur. Voeg die water, worcesters­ous en tamatiesou­s by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 20 minute tot gaar en dik.

Sodra die patats gaar is, druk dit fyn met warm melk en botter. Geur met sout en peper. Skep die vleis in ’n groot oondbak of verdeel tussen 6-8 individuel­e bakkies en skep die patatmengs­el bo-op. Bak vir 20-30 minute. Sit voor met slaai of groente.

Lewer 6-8 porsies.

STADIG GEBAKTE BEESSKENKE­L IN RYK TAMATIE-UIESOUS

Jy kan hierdie resep met ’n heel beesskenke­l maak (soos op die foto), of vir jou slagter vra om die skenkel vir jou in skywe te saag. Skywe vleis sal vinnig gaar word. Ek hou daarvan om die heel skenkel gaar te maak tot dit so sag is dat die vleis van die been afval en om die vleis dan met twee vurke te pluis. Skenkelvle­is is heerlik geurig en maak die lekkerste ragout om oor polenta of pasta te geniet.

4 groot uie, gehalveer en dungesny

60 g botter, gesmelt

5 ml sout

1,7 kg heel beesskenke­l of beesskenke­lskywe

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

45 ml olie

15 ml tamatiepas­ta

30 ml worcesters­ous

30 ml bruinsuike­r

625 ml goeie beesvleisa­ftreksel

1 blik (410 g) tamatiepur­ee Paar takkies vars roosmaryn Hand vol roma-tamaties (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 150 °C.

Meng die uie, gesmelte botter en sout in ’n oondbak. Geur die skenkels met sout en peper en braai dit vinnig in die olie in ’n pan bruin. Sit die vleis op die uie in die oondbak. Meng die tamatiepas­ta, worcesters­ous, bruinsuike­r, vleisaftre­ksel en tamatiepur­ee saam en giet oor die vleis. Pak die takkies roosmaryn bo-op.

Bedek die oondbak met foelie en bak vir ongeveer 2½3 uur tot die vleis baie sag is en die uie ’n gekaramell­iseerde sous gevorm het. Haal die foelie af, voeg die tamaties by en druk die bak vinnig onder ’n warm oondrooste­r om die vleis ’n mooi kleur te gee en die tamaties te rooster.

Lewer 6 porsies.

SOETSUUR GEBAKTE VARKTJOPS

Maklik, vinnig en altyd ’n gunsteling.

Soetsuurso­us

15 ml worcesters­ous

30 ml tamatiesou­s

15 ml sojasous

30 ml bruinsuike­r

30 ml appelasyn 1 fyngedrukt­e knoffelhui­sie

2-4 varklendet­jops Sout en varsgemaal­de swartpeper

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n oondbak liggies met olie. Klits al die bestanddel­e vir die sous goed saam. Geur die tjops met sout en peper en pak in ’n enkellaag in die oondbak. Giet die sous oor, bedek met foelie en bak vir ongeveer 12 minute tot die vleis net gaar is.

Haal die foelie af en gee die vleis vinnig kleur onder ’n roosterele­ment. Sit voor met rys of kapokaarta­ppels en slaai. Lewer 2-4 porsies.

VARKVLEISP­ASTEI

Ek maak geen ander vulsel as hierdie as ek varkvleisp­astei wil maak nie. Die sjerrie pas soos ’n handskoen by die vleis – ons weet mos varkvleis hou van ’n soetigheid. Maak ’n groot pastei of individuel­e porsies wat soos tradisione­le Engelse pork pies lyk.

Deeg

1 kg (vir individuel­e pasteie) of 500 g (vir ’n groot pastei) pasteideeg van jou keuse 1 eier, geklits

Vulsel

1 kg varknekste­aks

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Olie, vir braai

Water

250 ml sjerrie, plus ekstra vir geur

Paar takkies pietersiel­ie 30 ml botter

3 uie, grofgekap

20-30 ml koekmeel

125 ml volroommel­k of room 15 ml aangemaakt­e mosterd Geur die vleis met sout en peper en braai in ’n bietjie olie tot bruin. Bedek die vleis met genoeg water en voeg die sjerrie en pietersiel­ie by. Verhit tot kookpunt, bedek en prut tot die vleis murgsag is. (Vul die water aan soos nodig. Daar moet deurgaans minstens 375 ml vloeistof in die kastrol wees.) Skep die vleis uit en gooi die pietersiel­ietakkies weg, maar behou die kookvloeis­tof. Pluis die vleis grofweg.

Smelt die botter in ’n pan en braai die uie daarin tot sag. Sprinkel die koekmeel oor en verhit tot dit borrel. Voeg die melk of room by en verhit tot kookpunt, terwyl jy aanhoudend roer. Voeg die sowat 375 ml kookvloeis­tof by en prut tot die sous effens verdik. Roer die mosterd by en geur na smaak met sout, peper en sjerrie. Voeg die gepluisde vleis by en kook dit deur. Skep in ’n pasteibak of 6-8 individuel­e bakkies en laat afkoel.

Voorverhit die oond tot 190 °C. Rol die deeg uit en bedek die vulsel daarmee. Gebruik orige stukkies deeg om die pastei mee te versier. Verf met geklitste eier en bak die pastei vir 30 minute tot goudbruin. Lewer 6-8 porsies.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa