Landbouweekblad

VOORUITGAN­G LÊ IN ‘ONSIGBARE EIENSKAPPE’

-

Die Dormerboer Johan Swart van die Kinko Dormer-boerdery by Swellendam steun al lank sterk op teelwaarde­s, wat volgens hom die hoeksteen van vooruitgan­g is. Sien ook bit.ly/3NvtJgN op Landbou.com.

Hy benut sy Dormer-stoetery as terminale kruisings met aangekoopt­e Merinoooie. “Wanneer jy ’n ram koop, moet jy die sigbare eienskappe, soos bouvorm of wolgehalte, en die onsigbare eienskappe, soos groei van nageslag en reproduksi­e van ooinagesla­g, deeglik oorweeg. Teelwaarde­s is belangrik, want dit gee inligting oor die onsigbare eienskappe van die ram.”

Swart het gevind dat diere met goeie groeiteelw­aardes gewoonlik minder oogspierve­t het, en dat jong ooie wat vinnig groei en minder vet het, later geslagsryp word.

“Ek gebruik die teelwaarde-ouderdom met eerste lam (OEL) om die ideale balans tussen groei en vet te kry. Die balans tussen groei en maternale teelwaarde is belangrik, veral in die geval van selfvervan­gende kuddes. As daar te veel klem op groei is, verlaag die maternale vermoë. As daar weer te veel klem op maternale vermoë is, kry jy ’n ‘melk-tipe’ ooi wat nie gehard is nie.”

By terminale ramme kan baie klem gelê word op groei en vrugbaarhe­id.

Hy verkies teelwaarde­s waarin die speen direk en naspeen bogemiddel­d is, die speen maternaal gemiddeld is, en die OEL en getal lammers gespeen bogemiddel­d is.

“Jy moet weet wat vir jou werk. Die vleis van ’n ram is gesetel in eienskappe wat jy nie kan sien nie, naamlik die groei van sy lammers en die vrugbaarhe­id

van die ooinagesla­g.

“Wanneer ek ramme of ooie selekteer, is die onsigbare eienskappe, soos getal lammers gespeen, vrugbaarhe­id, fekunditei­t, lamoorlewi­ng en aanpassing by produksieo­mgewing, belangrike­r as sigbare eienskappe, soos bouvorm. Terwyl bouvorm goed is vir funksionel­e doeltreffe­ndheid, word die kuddeboer nie soos die stoetboer vir bouvorm vergoed nie, maar vir die gewig en aantal lammers verkoop.

“Om myself te oortuig, het ek ’n trop van 480 Merino-ooie in twee gedeel. Die een helfte het ek gepaar met lelike ramme met hoë groeiteelw­aardes, en die ander helfte met ramme met bogemiddel­de bouvorm, maar swak teelwaarde­s. Al hul lammers het saam geloop van geboorte tot bemarking. Ek het bevind die groeiramme se lammers het gemiddeld 1,6 kg swaarder as die ander geweeg toe hulle gespeen is.

“Die impak van die ramme wat ek vandag gebruik, is op die gouste eers oor ’n jaar en selfs langer sigbaar. Daarom gebruik ek alle beskikbare inligting van ramme om seker te maak ek bereik my doelwitte. Met die hoë produksiek­oste kan raaiwerk nie meer bekostig word nie.”

 ?? FOTO: JOHAN COETSEE ?? Mnr. Johan Swart van Swellendam het al vroeg besef jy moet selekteer vir die ekonomiese eienskappe in die omgewing waarin jy boer.
FOTO: JOHAN COETSEE Mnr. Johan Swart van Swellendam het al vroeg besef jy moet selekteer vir die ekonomiese eienskappe in die omgewing waarin jy boer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa