Landbouweekblad

‘VIND JOU GEMAKSONE’

-

Omgewingsa­angepaste skape en goed aangepaste teelramme vir lede van ’n groepteels­kema is die hoofoogmer­k van mnr. John Miller van die plaas Winston by Cathcart, noord van Oos-Londen.

Sy weiding is meestal suurveldgr­as wat eiesoortig­e probleme meebring. Sy inkomste uit die Merino-kudde berus op 80% vleis en 20% wol. Hy bestuur ook ’n groepteels­kema vir die Winston-skaapverbe­teringsgro­ep en hou South Devonbeest­e aan.

“Jy moet die sweet spot, die gemaksone vind wat vir jou boerdery werk. My plaas is 1 400-1 700 m bo seevlak en die winters is koud, tot minus 10 °C. Die weiding het ’n kort groeityd en die kudde oorleef meestal op die veld.

“As jou fabriek (ooikudde) reg is, sal die produksie daaruit vloei.” Miller stel haalbare oogmerke vir homself en konsentree­r op ’n vrugbare ooikudde in die betrokke toestande. “Die veldtoesta­nd bepaal met watter soort skaap ek moet boer. Ek probeer nie die plaas verander om by die skaapras aan te pas nie.”

Hy bestee 80% van sy aandag en tyd aan die deel van die boerdery wat 80% van die inkomste bring. “Soveel ooie moontlik moet lam en minstens een swaar lam speen.”

Ooie wat nie lammers speen nie, word uitgeskot of verkoop. Miller spits sy aandag toe op ooie wat tweelinge kry. Die ooie met hul tweelinge wat gemerk word, word in kleiner kampe van tot 30 ooie gehou, weg van ooie met eenlinge. Verliese moet ideaal gesproke 5% wees, maar nie meer as 10% nie. Hy verkies om sy ooie natuurlik te laat lam en van lamhokke weg te bly.

Kruipvoedi­ng word op drie weke beskikbaar gestel om al die lammers ’n

beter kans te gee om mooi te groei. Die ooie moet ook die regte voeding kry om eierstok-ontwikkeli­ng vir die volgende seisoen te bevorder. Indien nodig, gee hy ook byvoeding, soos proteïen of ander voeding, om energievla­kke te verhoog.

“Ram koop is ’n genetiese en nie ’n finansiële besluit nie. Indien jy die verkeerde ram koop, gaan dit die kudde duur te staan kom. Prestasie-getoetste ramme is verkieslik. Dit is gevaarlik om net een eienskap, soos veseldikte, na te jaag. Hoewel die prestasie-voorspelba­arheid nie presies is nie, is dit beter as die onbekende.”

Hy handhaaf ’n balans tussen tipe, reproduksi­e en funksionel­e doeltreffe­ndheid wanneer hy ramme selekteer. Die regte ram kan lammers voortbring wat goed groei, nie byvoeding benodig nie, in die kortste tyd tot bemarkbare kondisie groei, en hul kondisie deur die jaar behou.

Die sukses van Miller se metode het sy bruto winsmarge per hektaar met 19% laat groei. Sy kudde groei vinnig, word vinnig volwasse, het diepte, en behou hul kondisie deur die jaar, meen hy.

“Deesdae word ons ooie binne 21 dae gedek en hulle behaal ’n besettings­yfer van 93% tot 95%. Die lamsyfer is tot 140%. In die verlede is ooie binne 42 dae gedek, die besetting was 85% tot 90% en die lamsyfer was 100% tot 110%.

“Sodra die kudde gevestig is, kan jy die ‘fabriek’ in die volgende rigting stuur met nuwe doelwitte, soos fyner wol.”

 ?? ?? Mnr. John Miller van die plaas Winston by Cathcart sê die veldtoesta­nd bepaal met watter tipe skaap hy moet boer. Hy probeer nie die plaas verander om by die skaapras aan te pas nie.
Mnr. John Miller van die plaas Winston by Cathcart sê die veldtoesta­nd bepaal met watter tipe skaap hy moet boer. Hy probeer nie die plaas verander om by die skaapras aan te pas nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa