Landbouweekblad

Begin ’n slag op eie werf

-

Daar is ’n Engelse gesegde wat lui: “Charity begins at home.” My vriend Hannes Oberholser (salige nagedagten­is) het daarvan gehou om hiermee saam ’n Bybelteks aan te haal wat ewe bekend is: “. . . iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ’n ongelowige” (1 Tim. 5:8).

Oor die wysheid van hierdie uitsprake hoef ’n mens seker nie te twyfel nie, mits jy dit net nie só toepas dat jy die behoeftige medemens buite jou eie klein huiskring in vergetelhe­id laat nie.

Dit is nie ’n geval van “die een of die ander” nie, maar albei moet met ’n omgee-gesindheid aandag kry. Waar die lyn presies getrek moet word, is nie altyd so maklik nie. As jy weet waar om te begin, beteken dit nie dat jy sonder meer weet waar om te eindig nie.

Wanneer is iemand behoeftig omdat hy regtig geen ander uitweg het nie, en wanneer is dit sommer net pure luiheid? Wanneer kan iemand nie werk nie, en wanneer is dit ’n geval van nie wíl werk nie? In sy tweede brief aan die Tessalonis­ense skryf die apostel Paulus: “Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie” (2 Tes. 3:10).

Hoe onderskei ’n mens tussen “nie kan nie” en “nie wil nie”? Begin by die bekende, die voor die hand liggende, en jy sal vind daar is meer as genoeg om jou nuttig mee besig te hou.

Dit geld nie net mense se stoflike behoeftes nie, maar ook hul geestelike nood. Die uitreikaks­ie en om die goeie boodskap te verkondig, is nie slegs daar ver nie, dit is nader as wat jy dink. Begin sommer op jou eie werf. Ja, dit is waar. Liefdadigh­eid begin by die huis.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa