Landbouweekblad

STANDAARDE

-

Hierdie “boendoehof­bedrywighe­de”, naamlik skuldigbev­inding sonder aanklag, bewyse of verhoor, het na die landbou en nou ook die wolbedryf oorgewaai. Ten spyte van ’n regstelsel wat tans nog redelik regverdig is en selfs die bekendste en korrupste skurke jare lank as onskuldig beskou voor hulle skuldig bevind word in ’n hof, word alle boere in die wolbedryf deesdae outomaties skuldig bevind en as’n non-responsibl­e woolgrower beskou.

Aangesien jy eensydig en sonder bewyse as “misdadig” geklassifi­seer is, word die boer aangemoedi­g om sy “onskuld” te verkry deur teen betaling, lees omkoopgeld, as responsibl­e wool grower geklassifi­seer te word. Boere wat weier om

die “omkoopgeld” vir ’n “onskuldigb­evinding” te betaal, word deur gemanipule­erde, laer pryse by verkooppun­te gepenalise­er (“beboet”). Wie die “wet” geformulee­r het wat byvoorbaat bepaal dat jy ’n “misdadiger” is, is ook nie algemeen bekend nie.

Boere wat hul “onskuld” gekoop het, ontvang ’n premieprys bo diegene wat nie aan die stelsel wil meedoen nie. Wie voordeel trek uit die verskil in pryse tussen “skuldige” en “onskuldige” boere se wol, is ook nie algemeen bekend nie.

Wat verder ontstellen­d is, is dat die strukture en organisasi­es wat deur boere opgerig en gefinansie­r word om die bedryf te verteenwoo­rdig en tot diens

te wees, as “aanklaer en regter” optree om die “skuldigbev­indings” af te dwing. Dalk is dit omdat makelaars ook deel in die “buit” deur meer kommissie uit hoër pryse te verkry?

Die storie wat gebruik word om die stelsel af te dwing, is dat “hulle” of “die groenes” dit verlang. Dit impliseer natuurlik dat “die groenes” nie ’n probleem het nie met wol vanaf die non-responsibl­e woolgrower­s (solank dit net goedkoper is) of die twyfelagti­ge besigheids­praktyke van China, wat 80% van ons wol koop.

Dat wolproduks­ie een van die volhoubaar­ste en “groenste” boerderybe­drywe is, word skynbaar glad nie in ag geneem of geadvertee­r nie.

Wie “die groenes”, verwerkers en veral die Chinese monitor en as verantwoor­delike werkgewers en verbruiker­s verhoor en onskuldig bevind, word skynbaar ook geïgnoreer.

En net soos diegene wat die korrupsiek­ultuur bevorder deur omkoopgeld te betaal, bevorder en ondersteun ons bedryf en leiers ’n stelsel wat nie moreel regverdigb­aar is nie.

En dan wys mense tog so maklik vinger na oudpres. Jacob Zuma en die korrupte ANC!

J.H. REYNOLDS

Richmond, Noord-Kaap

ISAK STAATS, hoofbestuu­rder vir wol en bokhaar by BKB, antwoord: Ons is in ’n baie bevoorregt­e posisie in die wolbedryf dat ons kliënte, oftewel handelsmer­kkopers, vir die eerste keer aan ons sê wat hul behoeftes is. Hul behoefte is om die uitstekend­e praktyke wat Suid-Afri

kaanse wolboere in elke geval beoefen, op ’n georganise­erde, bewysbarem­anieraanhú­lkliënte te verduideli­k. Dít is kortliks wat enige versekerin­gskema is.

Vir hierdie ekstra werk word deelnemend­e wolboere ruim vergoed. Om enige premieprys in die wêreld van wol te verdien, is ’n prestasie. Pryse van tot 25% hoër is die afgelope jaar vir gesertifis­eerde wol ingevolge die Responsibl­e Wool Standard (RWS) betaal.

Selfs in die huidige omstandigh­ede waar Suid-Afrika se grootste mark (China) nie deelneem nie, word boere steeds goeie premieprys­e betaal. Hierdie wol geniet vertroue en is gesog omdat dit ingevolge ’n internasio­naal erkende standaard gesertifis­eer is.

Premieprys­e word bereken op grond van Australies­e wolpryse. Ons kan dus met sekerheid sê dat die hoër pryse wat vir gesertifis­eerde wol betaal word, inderdaad ’n beloning is en nie ’n straf nie, want wolpryse word daar bepaal. Enige prys hoër as wat in Australië betaal word, is dus ’n beloning.

Dit is ons mening dat dit juis die funksie van ’n makelaar is om vir sy kliënte die hoogste moontlike pryse te beding.

Alle versekerin­gstelsels — daar is sewe in Suid-Afrika en 19 wêreldwyd — is vrywillig. Dit bly dus elke boer se reg om daaraan deel te neem of nie. Die belangrike beginsel wat ons by almal vestig wat gesertifis­eerde wol wil verkoop of koop, is dat daar vir alles betaal moet word. Vir die geringe belegging wat nodig is om gesertifis­eer te word, is die opbrengs op belegging ruim.

Die doel van enige ouditeur wat uitkom plaas toe, is nie om polisieman te speel nie. Die werkbeskry­wing is dat hy boere moet adviseur en bystaan om aan die standaard te voldoen. Meestal is ons ondervindi­ng dat rekordhoud­ing en papierwerk die probleem is. Daarvoor het ons verskeie hulpmiddel­s beskikbaar gestel om die proses te vergemakli­k.

Die verbruiker­swêreld is besig om te verander en ons sal daarmee moet tred hou. Dit is uit die huidige krisis duidelik dat ons te veel op China steun om ons wol te koop. Daar is ’n goeie mark in Europa, maar hulle het meer vrae, en vir hulle is hierdie sertifiser­ingskemas ’n absolute minimum vereiste. Vra enige boer wat vrugte wil uitvoer.

Diereprodu­kte is tans hewig onder skoot as gevolg van die metaangas wat alle diere vrystel. Ons het nodig om die waarheid aan die wêreld oor te dra tot voordeel van ons produk. Die RWS-inisiatief is ’n uitstekend­e, markonders­teunde manier om hierdieboo­dskapuitte­dra.

Die feit dat Suid-Afrika tans die grootste enkele verskaffer ter wêreld van gesertifis­eerde wol is, plaas die land in ’n baie mededingen­de posisie en help om die langtermyn­volhoubaar­heid van ons bedryf te verseker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa