Landbouweekblad

WAPENS: UITSPRAAK VERWELKOM

-

Die VF Plus verwelkom die

Grondwetho­f se uitspraak wat bepaal dat wettige vuurwapene­ienaars wie se vuurwapenl­isensie verval het en waar die eienaars nie binne 90 dae aansoek om hernuwing gedoen het nie, nou wel om ’n nuwe lisensie kan aansoek doen. Dit is ’n belangrike uitspraak in die guns van vuurwapene­ienaars in Suid-Afrika.

Mnr. Bheki Cele, minister van polisie, was nog altyd teen private vuurwapenb­esit gekant. Sy standpunt was dat mense onwettig in besit van hul vuurwapens sou wees indien lisensies verval het en daar nie binne die spertyd van drie maande aansoek om hernuwing gedoen is nie.

Dit was in werklikhei­d niks anders as ’n poging om die publiek te ontwapen nie. Die Grondwetho­f het die minister met dié uitspraak bloedneus gegee en het die reg op private vuurwapenb­esit bevestig. Die uitspraak het Cele nie net verkeerd bewys nie, maar dui ook daarop dat die minister misbruik gemaak het van sy magte en sy eie vertolking van die wet.

Ek het reeds in 2017 ’n privatelid-wetsontwer­p by die parlement ingedien waarin hierdie aangeleent­heid behandel is. My voorstel was waar ’n vuurwapenl­isensie verval, moet hernuwing plaasvind soos in die geval van ’n motorlisen­sie wat verval. Die persoon bly eienaar van sy motor of vuurwapen en betaal ’n boete vir die tydperk dat die lisensie agterstall­ig is.

Hierdie Grondwetho­f-uitspraak bevestig die doel van dié privatelid-wetsontwer­p se standpunt en die geldigheid daarvan.

Die VF Plus moedig vuurwapene­ienaars aan om dadelik aansoek te gaan doen om ’n nuwe lisensie indien hul lisensie verval het. Die polisie het ingevolge die Grondwetho­f-uitspraak nie ’n ander keuse nie as om die aansoek te verwerk. DR. PIETER GROENEWALD Leier, VF Plus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa