Werk makliker met dié stuurstelsels
Die nuwe tegnologie-opsies van Case IH — die AccuTurn- outomatiese wenakkerdraai en die RS1-stuurstelsel — beteken beter akkuraatheid en verhoogde produktiwiteit vir die operateur.
Die beter noukeurigheid, verminderde moegheid en verhoogde produktiwiteit wat operateurs met die Advanced Farming Systems (AFS) AccuTurn™- outomatiese wenakkerdraai-tegnologie van Case IH ervaar, is nou op die kragtige reeks Patriot®-spuite beskikbaar. Hierdie nuwe AFS-tegnologie is versoenbaar met die AFS Pro 700-skerm. AFS AccuTurn sal handvrye, outomatiese en herhaalbare draaie verskaf vir verhoogde produktiwiteit vir wyeveld- en voor-opkomstoepassings.
Operateurs kan die raaiwerk om met spuite te draai, uitskakel deur AccuTurn, wat outomaties die hele wenakker-draaiproses beheer met bedryfsbegeleide roetebeplanningslogika.
Met die sagteware-oplossing van die Case IH- outonome konsepvoertuig (ACV) help AccuTurn-outobegeleidingstegnologie om die moontlikheid van oorslaan en oorvleueling te verminder, brandstof- en arbeidskoste te bespaar, werking te vereenvoudig en selfs ure by die dag te voeg tydens kritieke bedryfstye.
Maksimum draaispoedvermoë is verhoog om werkverrigting en doeltreffendheid in spuittoedienings te optimaliseer. Deur dit met die reeks Patriot®-spuite te koppel, beteken operateurs kan staatmaak op vinnige, konsekwente en noukeurige toediening oor elke stuk grond.
RS1-BEGELEIDINGSPAKKET
Vir operateurs wat die Case IH Viper® 4+-skerm gebruik, is ’n ander stuurstelselopsie beskikbaar: die RS1™-begeleidingspakket. Patriot-spuite wat met die Case IH Viper 4+-skerm gekonfigureer is, kan toegerus word met RS1 wat outo-stuurfunksies, ’n GPS-ontvanger en Slingshot®- koordlose kommunikasie van die voertuig na die huis- of kantoorrekenaar bied. Met afstandondersteuning en koordlose kommunikasiegeleenthede is die RS1-begeleidingspakket ’n kragtige stuurstelsel-opsie vir enige Case IH Viper 4+-skermgebruiker.
AIM COMMAND FLEX
Produsente kan nou voordeel trek uit die nuutste tegnologie van Case IH se spuitbeheerstelsels. Die AIM Command FLEX Retro-Fit-toerusting kan geïnstalleer word op enige Patriot-spuit wat van 2009 af vervaardig is. Dit bied produsente ’n kostedoeltreffende alternatief tot die aankoop van ’n nuwe spuit.
Toe Case IH in 1999 AIM Command in Patriot-spuite bekend gestel het, is spuittegnologie tot ’n nuwe vlak verhef, wat verhoogde aanpasbaarheid vir produktoediening bied. AIM Command FLEX sit daardie tradisie van uitnemendheid voort en lewer selfs meer vir die produsent wat die potensiaal van elke hektaar grond ten volle wil benut.
AIM Command FLEX bied konsekwente, aanpasbare en akkurate toepassing, onafhanklik van spoed, met spesifieke kenmerke. Dit sluit in: 36-seksie-oorvleuelingsbeheer. Dit verminder duur oorbespuiting en dubbele toedienings, wat die groei van die gewas kan benadeel. Draai-aanpassing in toedieningstempo. Dit minimaliseer potensiële skade wanneer rondom bome, nutspale of enige kurwe in ’n land gespuit word waar die spuitbalk vinniger aan die buitekant van die draai en stadiger aan die binnekant kan beweeg. Die vloeitempo deur elke punt word aangepas op grond van sy posisie op die balk en die spoed van die draai om die regte toedieningshoeveelheid by elke punt te handhaaf. Konstante balkdruk. Dit kan onafhanklik van die teikentempo en spuitspoed verstel word. Met die druk van ’n knoppie kan operateurs tussen twee volledig aanpasbare spuitdrukvlakke wissel. Laer druk kan gebruik word om groter druppelgroottes te verkry wat minder geneig is om in gevoelige gebiede weg te dryf, en hoër druk vir beter blaredakindringing waar wegdrywing minder kommerwekkend is. Verhoogde aanpasbaarheid in produktoediening. Die operateur kan byvoorbeeld kies om die spuittempo tot 30% te verhoog in spesifieke dele van die spuitbalk.
Vir eienaars van ouer Patriot-spuite wat graag voordeel wil trek uit die verbeterde tegnologie, is daar goeie nuus. Die AIM Command FLEX Retro-Fit-toerustingstelle is maklik om te installeer. Die boer kan dus die stelsel op sy ou spuit installeer en dit net so goed laat werk soos ’n nuwe spuit.