Landbouweekblad

DÍS HOEVEEL BOERE KORT OM INMAAKFABR­IEK OOR TE NEEM

- FRELETTE PAYNE skryf: Kom ons bid, mense. ELIZE RAUTENBACH skryf: Ek hoop net dat iemand sal oorneem en aangaan.

’n Konsortium vrugteboer­e kort R200 miljoen tot R300 miljoen om Langeberg & Ashton Foods (L&AF) oor te neem.

Tiger Brands het op 9 Junie skokgolwe deur die Langeberg-gemeenskap gestuur met sy aankondigi­ng dat hy dié fabriek wil sluit. Dit volg ná byna twee jaar se gesprekke met onder meer ’n groep van 160 vrugteboer­e wat aangedui het hulle wil die fabriek koop.

Intussen het inmaakvrug­teboere ’n beroep op die regering gedoen om te help keer dat die fabriek gesluit word. Sowat 6 000 plaas- en fabriekswe­rkers se heil hang van dié fabriek op Ashton af.

Mnr. Jacques Jordaan, uitvoerend­e hoof van die Inmaakprod­usentevere­niging (IPV), sê as die uitkringef­fek op gesinne en sakeondern­emings in ag geneem word, kan die syfers met vier of vyf vermenigvu­ldig word.

Bykans 2 250 ha boorde met onder meer taaipitper­skes en Bulida-appelkose, wat slegs vir inmaak geskik is, sal uit die bedryf verdwyn as daar nie meer ’n verwerking­saanleg is nie. Die finansiële toekoms van ongeveer 300 boere is in die weegskaal.

L&AF is die grootste vrugte-inmaakfabr­iek in SuidAfrika en verwerk tot 60% van alle inmaakvrug­te.

Boere wat belang stel om die fabriek oor te neem, het sedert verlede jaar elkeen R1 000 per ton vrugte wat hulle lewer, aangebied om geld bymekaar te maak om die fabriek te behou. Volgens boere kort hulle egter nog R200 miljoen tot R300 miljoen se ekwiteit voordat hulle by banke kan gaan aanklop om verdere finansieri­ng.

ROUAN VERWEY skryf:

Daar is meer agter hierdie storie as wat dit op die oog af lyk. Tot onlangs was hulle vasbeslote om alles in die gebied op te koop, net om alles nou te sluit? Ek meen goeie, ondersoeke­nde joernalist­iek is nodig. Diegene wat geraak word, moet toegelaat word om die fabriek teen ’n redelike prys terug te kry.

GERHARD VAN DER WESTHUIZEN skryf: Met al die sterk vakbonde daar buite is dit nie meer maklik om te boer en te koop nie.

JOHAN SWANEPOEL skryf: Ja, nog ’n plek wat probleme het. Gaan kyk maar — dit is arbeidswet­te en werkersvak­bonde.

JUSINA LOUWRENS skryf: Dit is hartseer.

CORNELIS POTGIETER skryf: Koo (se vrugteprod­ukte) is so lank ek leef, deel van ons uitsoekpro­dukte op die rak. Dit is ondenkbaar wat kruidenier­saankope daarsonder sal wees. Daar moet ’n oplossing wees!

HENDRIK MEYER skryf: Skarefinan­siering?

MARINDA MEINTJES antwoord: Het ek ook gedink. Of as boere-organisasi­es oor Suid-Afrika heen 300 boere kan kry wat elk ’n miljoen rand insit, is die konsortium daar.

NATIE FERREIRA skryf: Baie interessan­t. Die fabriek het aan die boere behoort, toe besluit hulle om dit te verkoop, en nou wil hulle dit terughê. Gierigheid het die boere hul kinders se toekoms gekos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa