Landbouweekblad

CHINA-VERBOD PLAAS DEMPER OP WOLSEISOEN

- — FREDALETTE UYS

SUID-AFRIKA se posisie as wêreldleie­r in die lewering van volhoubare wol is tydens die pas afgelope 2021-’22-wolseisoen oorskadu deur China se verbod op die invoer van Suid-Afrikaanse wol.

Volgens mnr. Isak Staats, hoof van wol en sybokhaar by BKB, was Suid-Afrika in die seisoen die wêreld se grootste verskaffer van gesertifis­eerde wol, en is goeie premies op dié wol verdien.

“Suid-Afrika is besig om ’n goeie naam te kry as ’n plek waar jy dié tipe wol kan kry.”

Premies is selfs verdien toe die oorgrote meerderhei­d van die Suid-Afrikaanse wol bestem vir China nie verkoop kon word nie.

China het, net soos in Februarie 2019, aan die begin van April ’n verbod op die invoer van alle Suid-Afrikaanse produkte afkomstig van diere met gesplete hoewe geplaas weens die uitbreking van beken-klouseer.

Wolveiling­s het egter steeds voortgegaa­n, en kopers het, soos tydens 2019 se verbod, aangehou om wol vir hul klante in China te koop, en dit dan in Suid-Afrika opgeberg tot tyd en wyl China weer die wol aanvaar.

“As ons nie die situasie binnekort gaan uitsorteer nie, gaan dit rampspoedi­g wees; 70% tot 80% van ons wol gaan na China toe.”

PROBLEEM NIE OPGELOS

Staats sê een van die kwessies is dat die huidige bek-en-klouseerui­tbreking nie ’n probleem is wat lyk asof dit opgelos word nie, met uitbreking­s in verskillen­de areas wat steeds nie in bedwang is nie.

“Die situasie in China raak ook nie beter nie. Die vorige keer (tydens die 2019-uitvoerver­bod) het net die Chinese doeane-owerhede ’n verbod op uitvoer geplaas en dié keer is dit ook hul departemen­t van landbou.”

China het voortgegaa­n om ’n verbod op Suid-Afrikaanse wol te plaas ondanks die goedgekeur­de maatreëls wat

Suid-Afrika ingestel het en waarop die twee lande ooreengeko­m het. Na sy mening stem China se drastiese stap ooreen met sy zero-covid-19-beleid wat dié land tans aanwend om die verspreidi­ng van die virus hok te slaan.

MINDER WOL

Wol van goeie gehalte is vanjaar gelewer, maar wollewerin­g is 6% minder vergeleke met die vorige seisoen.

“Die droogte het ons vanjaar kom byt, maar ons verwag ’n taamlike groei in produksie in die jaar wat kom.”

Op die laaste veiling, wat op 8 Junie aangebied is, het die Cape Wools-aanwyser vir RWS-wol gesluit op ’n skoonprys van R180,07 per kilogram en nie-RWS-wol op R164,91 per kilogram.

Staats sê daar is die afgelope seisoen veral goeie pryse vir fyn wol betaal, en soms is hoër pryse as in 2018 betaal toe die prys ’n hoogtepunt beleef het.

Europese lande soos die Tsjeggiese Republiek, waar een van die topkopers, Modiano, se meule geleë is, het steeds voortgegaa­n om Suid-Afrikaanse wol te koop, met wol wat ook na Italië, Egipte en self Uruguay gestuur is.

Een struikelbl­ok is egter dat Europese meulenaars tans baie besig is en reeds vir die volgende 10 tot 12 maande vol bespreek is.

Daarby vra Europese markte ander vrae as China. Hulle is meer toegespits op volhoubaar­heid. “Om besigheid te doen in China is relatief maklik.” Nog ’n kwessie met die verbod is dat China tans die enigste mark vir kommunale wol is.

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? Mnr. Isak Staats
FOTO: FREDALETTE UYS Mnr. Isak Staats

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa