Landbouweekblad

Omnia wil ‘volhoubaar en gedissipli­neerd’ groei

- — VIDA BOOYSEN

OMNIA HOLDINGS se stewige jaarresult­ate maak die pad oop vir dié gediversif­iseerde chemiese maatskappy om internasio­naal te groei. Maar dit sal volhoubaar en gedissipli­neerd geskied, sê mnr. Stephan Serfontein, finansiële direkteur.

Daarby sien die groep, wat byna die helfte van sy inkomste uit plaaslike en internasio­nale landboubed­rywighede verdien, dat gebeure soos die oorlog in Oekraïne sy rol verstewig om te verseker dat Suider-Afrika voldoende voedsel kan produseer.

In die boekjaar tot Maart Omnia Holdings se landbou-afdeling die grootste netto toename in omset van 44% tot R11,2 miljard getoon. Sy bedryfswin­s van R1,2 miljard het meer as verdubbel.

Dié wins is veral aan hoër verkope te danke, sê Serfontein. “Spesifiek in Suid-Afrika was daar ’n groot vraag danksy baie goeie landboutoe­stande, terwyl die landbou-kommoditei­tsiklus in die afgelope jaar hoër beweeg het, wat ons wins ook verhoog het.”

Goeie verkope is ook behaal in buurlande, spesifiek Zambië.

Mosambiek het weer ’n groter vraag na spesialite­itskunsmis vir hoëwaarde-gewasse gehad.

LOGISTIEK EN UITVOER

Skeepsvrag word steeds deur die uitwerking van die pandemie ontwrig, en logistieke vertraging­s na groot internasio­nale klante het die groei van Omnia se biostimula­nt-bedrywighe­de in Australië belemmer.

“Dié vraag na biostimula­nte is tans ’n groot, groeiende mark wêreldwyd.”

Die groep het bedrywighe­de in meer as 25 lande. Dit is veral sy oorsese mark vir biostimula­nte en die verskaffin­g van mynbou-oplossings wat geleenthed­e bied in lande soos Australië, Kanada en Indonesië.

Serfontein sê die oorlog in

Oekraïne het hulpbronpr­yse opgestoot en ’n groot internasio­nale vraag na landboupro­dukte geskep. “Ek meen regerings in die algemeen is bekommerd oor voedselsek­erheid. Ons geintegree­rde bedryfsmod­el, spesifiek ons voorsienin­gsketting

en vervaardig­ingsaanleg­te, plaas Omnia in ’n sterk posisie om hieruit voordeel te trek.”

Hy meen Omnia Holdings het ’n rol om te speel, spesifiek in Suider-Afrika om boere te ondersteun. “Ek dink daar gaan meer druk kom op produksiek­oste, veral as ons kyk na wat met Eskom gebeur, asook stygende petrol- en dieselprys­e. Dit het ’n impak aan die landboukan­t. Omnia moet verseker dat hy boere bystaan om winsgewend te wees, maar ook dat die streek nie voedseltek­orte ontwikkel nie.”

KONTANT

Volgens Omnia Holdings se resultate vir die boekjaar tot einde Maart het hy kontant van R2,4 miljard beskikbaar.

Die wins ná belasting uit voortgeset­te bedrywighe­de het met 80% tot R1,1 miljard gestyg. Sy wesensverd­ienste per aandeel is 86% hoër as ’n jaar tevore op R6,72.

Aandeelhou­ers in dié 70 jaar oue maatskappy sal aan die einde van die boekjaar R1,4 miljard ontvang danksy ’n dividend van R2,75 per gewone aandeel en R5,25 per spesiale aandeel.

“Dit is nie ons voorneme om op lang termyn op die kontant te sit nie, ons gaan dit aanwend vir groeigelee­nthede. Indien daardie geleenthed­e nie oor ons pad kom nie, gaan ons bykomende kapitaal aan ons aandeelhou­ers terugbesor­g.

 ?? FOTO VERSKAF ?? Omnia Holdings verkry byna die helfte van sy inkomste uit die verskaffin­g van landboupro­dukte.
FOTO VERSKAF Omnia Holdings verkry byna die helfte van sy inkomste uit die verskaffin­g van landboupro­dukte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa