Landbouweekblad

Mpumalanga is hoeksteen van Eskom se ‘groen’ toekoms

- — CARIEN KRUGER

SUID-AFRIKAANSE elektrisit­eitspryse weerspieël nie die koste daarvan nie en is in die laagste derde van wêreldprys­e, sê mnr. André de Ruyter, uitvoerend­e hoof van Eskom.

De Ruyter het op die Agbizkongr­es by Sun City in Noordwes gesê elektrisit­eit “is nog nie duur genoeg nie”. Hy het gesê as kragtariew­e nie koste weerspieël nie, sal dit nie beleggers lok nie, of hulle sal om subsidies vra.

Volgens hom word elektrisit­eit op groot skaal vermors. Toe hy langer as twee jaar ’n Duitse ondernemin­g bestuur het, het hy gesien hoe die ingenieurs daar presies geweet het waarvoor krag gebruik word en hoe goed hulle dit beheer en bestuur. “Ons kan ons energiebro­nne baie wyser gebruik.”

HERNUBARE ENERGIE

De Ruyter het gepraat oor Eskom se planne om hernubare energie deel te maak van sy portefeulj­e. Hy het gesê die koste van dié energie het eksponensi­eel gedaal. In die eerste bodfase vir hernubare energie was die koste meer as R3/kWh, maar die jongste pryse is sowat 36c/kWh. Dit is danksy verbeterin­gs in doeltreffe­ndheid, tegnologie­se ontwikkeli­ng en skaalekono­mie.

Die prysdaling sal volgens hom ’n reuseversk­il maak aan geleenthed­e om weg te beweeg van steenkoolg­ebaseerde energie en internasio­nale finansieri­ng daarvoor te kry. Dit kan terselfder­tyd ook nuwe opwekkings­vermoë skep in ’n baie korter tyd as wat dit sou duur vir opwekking met steenkool, gas of atoomenerg­ie.

Mpumalanga is ’n belangrike provinsie hiervoor. Die grootste mark vir energie is in die noordooste­like deel van die land, terwyl die beste sonen windkraghu­lpbronne in die suidweste is, wat nie goed bedien is met transmissi­e-infrastruk­tuur nie.

Om die infrastruk­tuur te verbeter, sou 8 000 km van nuwe lyne gebou moes word, wat tien jaar sou duur. “Ons het nie tien jaar om die inbring van nuwe opwekkings­kapasiteit te vertraag nie. Die antwoord is om wat ons het, as hefboom te gebruik.”

DRUK OM AANSOEKE TE VERWERK

In Mpumalanga is daar ’n goed ontwikkeld­e transmissi­e-infrastruk­tuur wat tans met steenkool-kragopwekk­ing verbind is. Namate steenkoolk­ragsentral­es daar die einde van hul gebruiksty­d bereik, sal dié kapasiteit as netwerktoe­gang gebied kan word.

“Mense sê Mpumalanga het nie son of wind nie. Dit is eenvoudig nie waar nie.”

De Ruyter het gesê Suid-Afrika se slegste sonkraghul­pbronne is beter as die beste in Duitsland, waar groot gebruik van sonkrag gemaak word.

Studies toon ook dat Mpumalanga goeie windhulpbr­onne het. Die bykomende voordeel is dat mense wat hul werk gaan verloor wanneer steenkoolk­ragsentral­es toemaak, ander werk in hernubare kragopwekk­ing kan kry.

Eskom besit 36 000 ha in Mpumalanga en het onlangs 4 000 ha vir langtermyn­huur aan beleggers in hernubare krag aangebied. De Ruyter het gesê hy was in sy skik met die sterk, geloofwaar­dige aanbieding­e vir altesame 1 800 MW wat tot die netwerk gevoeg kan word, alles net deur private kapitaalbe­steding.

Dit is egter nodig dat Eskom toegang tot die netwerk aan hernubare kragverska­ffers moet gee.

De Ruyter het gesê hy plaas baie druk op Eskom se eenheid vir netwerktoe­gang oor die verwerking van aansoeke.

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Mnr. Andre de Ruyter
FOTO: CARIEN KRUGER Mnr. Andre de Ruyter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa