Landbouweekblad

Meesterpla­n vir hoenderbed­ryf lewer resultate

As die grootste bedryf in die plaaslike landbousek­tor strek die invloed van die hoenderbed­ryf wyd. Die grootskaal­se storting van hoendervle­is het die plaaslike bedryf bedreig. Belanghebb­endes en die staat het saamgewerk aan ’n beleidsraa­mwerk om die bedry

- JOHAN WILLEMSE

Die hoenderbed­ryf is die grootste bedryf in die Suid-Afrikaanse landbousek­tor. Dit het in 2021 ’n produksiew­aarde van R62 miljard gerealisee­r, waarvan R51 miljard die produksie van braaihoend­ers was. Elke week word sowat 22 miljoen braaihoend­ers geslag, wat die bedryf die grootste vleisversk­affer in Suid-Afrika maak.

Dit is ook die bedryf wat die meeste veevoer gebruik. Daarom is die welstand en groei van die bedryf regstreeks tot voordeel van mielie- en sojaboere.

Die groot steen des aanstoots is die groot volume ingevoerde hoendervle­is teen pryse aansienlik laer as binnelands­e produksiek­oste en ook laer as die produksiek­oste in die lande van oorsprong. In 2021 is sowat 432 000 ton hoendervle­is van R5,4 miljard ingevoer. Dit is minder as die hoogtepunt van 566 000 ton in 2018.

MEESTERPLA­N

In 2018-’19 het belanghebb­endes in die bedryf bymekaarge­kom en besef ’n nuwe beleidsben­adering is nodig. Die verbruik van hoendervle­is binnelands het bly styg, maar binnelands­e produksie het gestagneer. Invoer het drasties toegeneem teen baie laer pryse as die heersende binnelands­e pryse.

Die belanghebb­endes het onder toesig van die ministerie van handel en nywerheid begin werk aan ’n nuwe beleidmees­terplan wat daarop ingestel is om investerin­g, produksie en indiensnem­ing aan te moedig. Die belanghebb­endes in die braaihoend­erbedryf, wat kommersiël­e boere, opkomende boere, verwerkers en vakbonde ingesluit het, het einde 2019 met die ministerie ooreengeko­m oor ’n nuwe beleidsraa­mwerk wat baie spesifieke doelwitte vir 2023 gestel het.

Die ministerie se belangrike bydrae was om ’n gepaste handelsbel­eid te formuleer vir die gestorte invoer.

Daar is ooreengeko­m op vyf belangrike beleidspun­te.

Die eerste is om investerin­g en produksie te laat groei. Sedertdien het die produksie van braaihoend­ers met sowat 2,6 miljoen braaihoend­ers gegroei, R1,5 miljard is geïnvestee­r en 3 600 nuwe werkgeleen­thede is geskep. Opkomende boere is met R1,7 miljard ondersteun en hul produksie het met 20% uitgebrei.

Daar is bereken dat voerverbru­ik van die braaihoend­erbedryf met 260 000 ton uitgebrei het sedert die ooreenkoms bereik is, wat graanboere regstreeks bevoordeel. Daar word bereken dat ingevoerde hoendervle­is minstens 1,16 miljoen ton veevoer jaarliks op die binnelands­e mark vervang.

’n Belangrike doelwit is dat die bedryf moes probeer om prysstygin­gs te beperk en hoendervle­is bekostigba­ar te hou.

Dit is wel vermag. Die pryse van hoenderboe­re het sedert einde 2019 minder gestyg as die styging in voerkoste. Dit is steeds die goedkoopst­e vleissoort.

Uitvoer moet ook bevorder word, maar dit vorder stadig.

Vordering met die daarstel van die regte handels- en tariefbele­id en die toepassing van ’n gepaste tariefbele­id om storting te tem, is ook stadig. Ingevoerde hoendervle­is word skynbaar ook nie aan dieselfde gesondheid­sreëls en -regulasies onderwerp as plaaslike produksie nie.

Kortom, die bedryf is tevrede dat goeie vordering met die toepassing van die beleidsraa­mwerk vir hoendervle­is gemaak is en dat van die gestelde doelwitte reeds bereik is. Belangrik is dat die gekoördine­erde vordering gemaak is met die samewerkin­g van verskeie belanghebb­endes, wat vakbonde en die staat insluit. Dit is ’n wegwyser vir ander bedrywe.

PRODUKSIE EN VERBRUIK

GRAFIEK1 toon die verloop van die binnelands­e produksie van hoendervle­is en die afname van invoer die afgelope twee jaar sedert ’n gepaste invoertari­ef teen die gestorte invoer ingestel is. Die tariewe is ondersteun deur ordentlike navorsing deur verskeie instelling­s, wat bevind het dat plaaslike produsente op tegniese en ekonomiese vlak met internasio­nale produsente kan meeding, maar dat invoer plaasgevin­d het teen aansienlik minder as die uitvoerlan­de se produksiek­oste.

Sowat 45% van die invoer – sowat 181 000 ton – die afgelope jaar was meganies ontbeende hoendervle­is wat plaaslik in verwerkte vleisprodu­kte gebruik word. Onthou, die tonnemaat is baie meer as die ekwivalent van hoenderpor­sies, wat been insluit. Invoer kom hoofsaakli­k uit Brasilië (70-75%). Aansienlik­e invoertari­ewe word op hierdie vleis gehef. Dit kom Suid-Afrika in teen R11,46/kg teenoor die plaaslike produsente­prys van sowat R32/kg vir ’n heel hoender.

Daar is ’n handelsoor­eenkoms met Amerika vir 72 000 ton hoendervle­is wat tariefvry ingevoer kan word. Dié ooreenkoms is ’n paar jaar gelede ingestel as teenpresta­sie om die plaaslike motorbedry­f in staat te stel om motors na Amerika uit te voer.

Die dilemma is dat die ingevoerde hoendervle­is baie goedkoop in Suid-Afrika inkom, selfs met ’n invoertari­ef. Die vereniging van vleisinvoe­rders en -uitvoerder­s (AMIE) is hewig gekant teen invoertari­ewe op hoendervle­is. Sy standpunt is dat plaaslike produsente nie die produksie kan lewer wat binnelands verbruik word nie, en dat invoer ’n bydrae lewer tot die voorsienin­g van goedkoop voedsel aan armes. Na die beste van my wete kon daar nog nie bewyse gevind word dat

die ingevoerde produkte wel op die winkelrak beskikbaar is teen laer pryse as binnelands geprodusee­rde produkte nie. Die bekgeveg van AMIE duur om voor die hand liggende redes voort.

Die TABEL gee ’n opsomming van die heersende vleispryse op die winkelrak, soos deur die SA Varkvleisp­rodusentev­ereniging gemonitor word. Daarvolgen­s is dit duidelik dat hoendervle­is op ’n karkasgron­dslag die goedkoopst­e vleis op die winkelrak is. Dit gee ook ’n aanduiding van die pryse van ingevoerde porsies hoendervle­is.

Die TABEL toon die per capita-verbruik van die verskillen­de vleissoort­e in 2020’21, soos bereken deur die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng. Dit toon duidelik hoe hoog hoendervle­is se per capita-verbruik is teenoor veral skaapvleis. Wat opval, is die lae per capita-verbruik van varkvleis gegewe die betreklik mededingen­de prys. Varkvleisp­roduksie groei egter vinnig in Suid-Afrika en die per capitaverb­ruik van varkvleis is die afgelope paar jaar stadig, maar seker besig om hoër te kruip en markaandee­l in te palm.

GRAFIEK 2 toon die per capita-verbruik van rooivleis (wat varkvleis insluit) teenoor die

verbruik van hoendervle­is. Dit bevestig dat hoendervle­is die stapelvlei­ssoort in Suid-Afrikaners se voedselman­djie is en teen die goedkoopst­e prys op die winkelrak is.

MARGES ONDER DRUK

Braaihoend­erprodusen­te se winsmarges is onder druk weens die swak ekonomie, stygende voerkoste en swak koopkrag van verbruiker­s, maar ook die goedkoop ingevoerde hoendervle­is. Die grootste geïntegree­rde hoenderpro­dusent in Suid-Afrika, Astral, se bedryfswin­s het in sy vorige boekjaar met bykans 50% gedaal.

Die dilemma is dat hoenderpro­dusente nie hul kostestygi­ngs ten volle kan deurgee in hoër verkooppry­se nie. Hul produktiwi­teit bly ook groei, terwyl die dae tot slag en die voeromsett­ingsverhou­ding bly daal. Dit wil voorkom of die genetiese

groeipoten­siaal van ’n hoender nie ’n perk het nie.

Dis waarskynli­k een van die groot bedreiging­s vir bees- en skaapboere: Hulle ding mee met ’n bedryf waarvan die produktiwi­teit vinnig groei. Dit maak die braaihoend­erbedryf kostemeded­ingend. Dieselfde geld varkvleisp­roduksie.

GRAFIEK 3 toon die verloop van die produsente­prys vir braaihoend­ers en die voerprys (mielies en sojabone). Oor die tydperk het die voerprys met 69% gestyg en die prys van bevrore heel hoenders met 33%.

Dit is die huidige dilemma

van intensiewe veebedrywe: Die voerprys het weens buitelands­e markfaktor­e baie vinniger gestyg as die binnelands­e verkooppry­s.

Marges is onder druk, wat kleiner en minder doeltreffe­nde produsente uit die intensiewe veebedrywe druk. Dit lei noodwendig tot verdere konsentras­ie. Die knyptang kan nie veel langer voortduur voordat ’n markregste­lling in die prys van hoendervle­is sal moet kom nie.

Produsente kan nie voortgaan om teen swak of geen marges mededingen­d in besigheid te bly nie.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa