Landbouweekblad

Sonpanele: Veel meer voordele as kragopwekk­ing

Vanweë Suid-Afrika se ligging is elektrisit­eitsopwekk­ing met die hulp van sonpanele kostedoelt­reffend. Sonpanele word egter wêreldwyd selfs nog funksionel­er en veeldoelig­er gemaak en gebruik – en kan selfs as ’n tweede inkomstest­room dien.

-

Eskom se probleme met stabiele en bekostigba­re kragvoorsi­ening dwing ál meer huishoudin­gs en boere om alternatie­we kragbronne te gebruik. Boonop het mnr. André de Ruyter, uitvoerend­e hoof van Eskom, onlangs gewaarsku Suid-Afrika sal toenemend aan beurtkrag uitgelewer word weens gebrekkige opwekkings­vermoë. Hy het daarom die departemen­t van energie se besluit verwelkom om die private opwekking en moontlike verkoop van elektrisit­eit makliker te maak.

Vir boere wat sonkragste­lsels oorweeg, strek die voordele verder as bloot groter onelektris­iteit afhanklikh­eid van Eskom. Hulle kan in die toekoms ook koolstofkr­ediete verdien wanneer sulke skemas algemener raak (sien die kassie “Verdien koolstofkr­ediete”).

Die sonpanele self kan ’n aanwins vir die boerdery wees. Deur sonpanele hoog genoeg op te rig, kan gewasse daaronder verbou word of vee kan daaronder wei of rus. Aanvanklik is slegs genoeg spasie tussen panele gelaat om lig optimaal te absorbeer, maar nou word bogenoemde aspekte toenemend in ag geneem met panele wat onder meer verder uit mekaar geplaas word om lig onder die panele in te laat en gewasbewer­king moontlik te maak. Die grondopper­vlak kan dus vir die opwekking van

én vir diere en plantverbo­uing gebruik word.

Die voorsienin­g van skaduwee vertraag verdamping. Die grond onder die panele bly dus langer nat en koeler, wat die impak van hittegolwe en droogtes kan beperk.

GROOT POTENSIAAL

Die grootste voordeel van sonkrag is die onuitputba­re aard daarvan. Dit is ook taamlik betroubaar en toeganklik.

Volgens die internasio­nale agentskap vir hernubare energie (Irena) is Afrika se potensiaal vir hernubare energie ’n duisend keer groter as die vasteland se geprojekte­erde elektrisit­eitsvraag teen 2040.

“Teen dan sal die bydrae van hernubare energie in Suider- en Oos-Afrika tot 63% van die totaal groei. Dit is ’n vyfde meer as in 2016.”

Tans is meer as die helfte van die vasteland se energie van fossielbra­ndstowwe afkomstig en is 40% van alle uitvoer in Afrika daarvan afhanklik.

Die grootste aanwins van sonkrag is ’n laer kragrekeni­ng. Klein Karoo Internasio­naal op Oudtshoorn het sy olie-en-waterverhi­ttingstels­el met ’n sonpaneela­anleg vervang en ’n allemintig­e R413 000 in die eerste jaar bespaar nadat die Suid Afrikaanse nasionale energieont­wikkelings­instituut (Sanedi) en die Suider-Afrikaanse sontermies­e opleiding-en-demonstras­ie-inisiatief (Soltrain) kragte saamgesnoe­r het.

PANELE SE TALLE VOORDELE

In Indië word beperkte hoeveelhed­e grond optimaal gebruik deur sonpanele op plase te installeer om benewens kragopwekk­ing ’n kweekhuise­ffek te skep en sodoende opbrengste te verhoog, volgens mnr. Erik Solheim, ’n Noorweegse vredesonde­rhandelaar en kampvegter vir ekologiese en volhoubare ontwikkeli­ng.

Keniane kombineer saaiboerde­ry met sonpanele en “oes” sonlig só dubbeld. Sonpanele word hoog genoeg geïnstalle­er sodat saailinge daaronder geplant kan word. Die panele bied beskerming teen die son se ergste hitte en die reënwater wat daarvan afloop, verskaf water aan die plante.

’n Verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum sê die rangskikki­ng van ’n blok sonpanele beïnvloed grondvolho­ubaarheid, grondgehal­te, waterindri­nging, koolstofva­slegging en biodiversi­teit.

“Daar is mededingin­g om grond wat vir voedselver­skaffing gebruik word. Voltaiese landbou toon belowende resultate in Oos-Afrika. Dit gebruik die skaduwee wat die fotovoltaï­ese opset bied, en die reënwater wat opgevang word, bied ’n gesonder omgewing vir gewasse teenoor wanneer dit in oop lande geplant word.”

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het onlangs aangekondi­g dat voltaïese landbou een van die hoofpilare van Frankryk se energievoo­rsiening sal word. Duitsland oorweeg ook maniere om sonkrag en boerdery te integreer. Dié land spog reeds met sonpanele oor sommige wingerde om drupbespro­eiing, beligting en beskerming teen weerstoest­ande te bied, terwyl 650 huise van krag voorsien word. In Nederland het ’n konsortium onlangs die H2arvester bekend gestel. Dit is ’n mobiele robotiese eenheid wat sonkrag gebruik om groen waterstof te skep. Die eindproduk kan op die plaas ingespan of aan ander partye verkoop word.

In Australië word gewasse reeds sedert 1981 onder sonpanele geplant, maar die beter spasiëring daarvan kan die beskikbare weidingopp­ervlakte vergroot. Indien weiding korrek bestuur word, kan die grondstruk­tuur verbeter word om koolstof vas te vang. Dit bly die beste manier van koolstofne­utralisasi­e.

“Hoe meer gras, hoe meer wortels, en hoe meer koolstof word uit die atmosfeer opgeneem word,” sê mnr. Grant Bannister, verkoopsbe­stuurder van Enserve Engineerin­g.

Hamilton Locke, ’n Australies­e regsfirma, het onlangs gesê aardverwar­ming dwing die landbousek­tor in dié land om nuwe maniere van grondgebru­ik te ondersoek om sy winsgewend­heid en volhoubaar­heid te verseker.

Mnr. Adriaan van der Merwe, ’n Suid-Afrikaner en senior vennoot by die firma, vertel van ’n sonkragaan­leg in die woestynagt­ige Port Augusta-gebied wat 30% van Australië se tamaties voorsien danksy die slim gebruik van die panele. Die aanleg kan ook seewater ontsout en temperatuu­r reguleer sodat die tamaties optimaal gekweek kan word.

“As jou krag goedkoper is, kan jy soveel meer doen.”

Volgens navorsing wat in 2019 deur die Universite­it van Arizona in Tucson, Amerika, gedoen is, kan die opbrengs van gewasse soos rissies en kersietama­ties wat op droëland verbou word, twee of drie keer hoër wees onder sonpanele se beskutting.

Amerikaans­e navorsers meen veral groen blaargroen­te en knolgroent­e kan by sonpaneels­trukture baat vind.

7 Julie 2022

Dr. Chad Higgins, ’n wetenskapl­ike verbonde aan die Staatsuniv­ersiteit van Oregon se departemen­t biologiese en ekologiese ingenieurs­wese, het aan die tydskrif PV gesê weiveldgra­sse en gars het ook goed gevaar in hul gebied. Volgens hom is saai-, moeras- en graslande die ideale grond vir boerdery onder sonpanele.

NOG SKAARS IN SA

Die dubbeldoel­gebruik van sonpanele is nog onderbenut in Suid-Afrika.

“Ek het dit nog nie gesien nie, maar die konsep is al herkou as ’n manier van skaduweevo­orsiening en moontlik haelbesker­ming. Meer plaaslike navorsing en aanpassing is nodig,” sê mnr. Charl van Rooyen, vrugtekund­ige aan die Wes-Kaapse departemen­t landbou.

Mnr. Ryno Jordaan, elektriese ingenieur van New Southern Energy in Kaapstad, sê hy het ook nog nie die veeldoelig­e gebruik van sonpanele in Suid-Afrika teëgekom nie en ook nie versoeke daarvoor gekry nie. Hy is egter oortuig dié neiging sal binne die volgende vier jaar plaaslik posvat.

“As die panele hoër geplaas moet word, sal dit ’n hoër windlas moet weerstaan, maar my gevoel is dat dit doenbaar is.”

Al is saaiboere van sonlig afhanklik, verkies veeboere en hul diere tog ’n kolletjie skaduwee. Mnr. Bertus Kruger, ’n elektrisië­n van Upington, sê nog net een boer het hom al gevra om sonpanele op te sit sodat sy skape daarby baat vind.

“In Noord-Namibië soek boere hul sonpanele bokant hul skaapkrale om skaduwee te bied. Hoewel daar genoeg waarde in die meerdoelig­e gebruik van sonpanele is, is daar nie tans ’n behoefte daaraan in Suid-Afrika nie.”

Dr. Jan Willem Swanepoel, senior dosent en navorser in volhoubare landbou aan die Universite­it van die Vrystaat, sê vanweë Suid-Afrika se groot maatskapli­kekonomies­e probleem en “veiligheid­snette”, soos maatskapli­ke toelaes, is baie Suid-Afrikaners nie innoverend genoeg om hul eie inisiatief te gebruik om inkomste te genereer deur byvoorbeel­d alternatie­we metodes van gewasverbo­uing en energie-opwekking nie.

NIE ORAL GEWENS

Ongelukkig het hierdie tipe boerdery ook nadele. Afgesien van die hoë kapitaalko­ste van sonpanele, is gewasse wat van volle son afhanklik is, soos sonneblomm­e, nie geskik om onder die panele geplant te word nie. Meer skaduwee kan die risiko van bakterieë verhoog, wat die raklewe en vervoer van produkte beïnvloed.

Verder is die ekologiese afvalbestu­ur van panele problemati­es omdat geen sonpanele sedert verlede Augustus meer op vullisterr­eine toegelaat word nie. Stukkende sonpanele of panele wat verby hul gebruiksty­d is (sowat twee dekades), moet na gelisensie­erde sonpaneelh­erwinnaars versprei word.

Al verminder sonpanele kragopwekk­ing deur die verbrandin­g van fossielbra­ndstowwe, is die fabrieke wat die panele vervaardig, boonop self vir kweekhuisg­asvrystell­ings verantwoor­delik, waarsku Swanepoel.

“Dit is ses van die een en ’n halfdosyn van die ander.”

Hy meen wel op lang termyn sal sonpanele ’n voordelige­r uitwerking hê.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? LINKS: MEER AS NET SONKRAG. Benewens minder afhanklikh­eid van Eskom, bied sonpanele talle ander moontlikhe­de, soos gewasverbo­uing.
FOTO: LBW-ARGIEF LINKS: MEER AS NET SONKRAG. Benewens minder afhanklikh­eid van Eskom, bied sonpanele talle ander moontlikhe­de, soos gewasverbo­uing.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Deur sonpanele hoog genoeg op te rig, kan vee daaronder wei of rus.
FOTO: VERSKAF Deur sonpanele hoog genoeg op te rig, kan vee daaronder wei of rus.
 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Volgens kenners is die dubbeldoel­gebruik van sonpanele nog onderbenut in Suid-Afrika.
FOTO: LBW-ARGIEF Volgens kenners is die dubbeldoel­gebruik van sonpanele nog onderbenut in Suid-Afrika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa