Landbouweekblad

Haal só meeste uit ou wingerde

Met die regte snoeiprakt­yke kan ou wingerde se opbrengs met tot 200% (en selfs meer) verhoog word.

-

Ou wingerde – en die gehalteen duur wyne wat dit voortbring – kry die afgelope paar jaar baie aandag van wynboere. Mnr. André Morgenthal, bestuurder van die Ouwingerd-projek, sê sedert die ontstaan van die projek in 2016 het hulle daarin geslaag om 25% meer ou wingerde in die grond te hou.

“Dit is ’n kombinasie van mense wat meer omgee vir ons wingerderf­enis, maar daar kom ook elke jaar ’n paar blokke by wat 35 jaar oud word en in aanmerking kom om geregistre­er te word.”

Tans maak ou wingerde sowat 4% van die totale wingerdsta­nd uit (net meer as 4 000 ha). ’n Wingerd word amptelik as oud beskou as dit 35 jaar of ouer is. Die meeste ou wingerde is Chenin blanc.

“Mense dink Swartland-bosstokwin­gerde maak die meeste van die ou wingerd-aanplantin­gs uit, maar inderwaarh­eid kom die meeste van die ou wingerde in Stellenbos­ch, die Swartland, Paarl en Wellington voor.

“Ons vind dit neig eerder meer na die Weskus se kant toe. Daar is ook geen ou wingerde in Constantia nie.

“Die rede hiervoor is dat wingerde van halfdroë toestande hou. Die Italianers sê altyd ’n wingerd wil die see sien, maar

nie sy voete nat kry nie. Die probleem in kouer, natter gebiede is die voorkoms van Eutypa (wat wingerde se leeftyd verkort),” sê Morgenthal.

Tydens ’n onlangse werksessie op Stellenbos­ch, aangebied deur die Ouwingerdp­rojek, het die wingerdbou­kundige me. Rosa Kruger wenke vir boere gegee oor hoe om ou wingerde te snoei en te bestuur om die meeste uit dié oues, wat dikwels ’n lae drag oplewer, te haal.

Sy is ook betrokke by opleidings­essies om wingerdwer­kers te leer hoe om ou wingerde korrek te snoei.

KYK NA DIE WORTELS

Dit is belangrik om ’n goeie wortelstel­sel te handhaaf. “Anders as wat mense oorsee dikwels sê, het ons ou wingerde nie noodwendig dieper wortelstel­sels nie, maar ons sien wel meer wortels, asook

meer fyner wortels. Dit is as gevolg van die chemiese lae in die grond.

“In Europa het die grond ’n goeie pH-waarde, maar in Suid-Afrika pas ons die pH met kalk aan, dus gaan die wortels so diep as dit. Daar kan dieper wortels wees, maar dis beperk,” het Kruger gesê.

Volgens haar help grondbedek­king en grondgeson­dheid baie om wortels gesond te hou.

“Goeie grondvoorb­ereiding is ook belangrik vir die handhawing van ’n goeie wortelstel­sel, veral in die stryd teen klimaatsve­randering.

SNY NA JOU GOEIE HOUT TOE

“Dis die gulde reël en waarskynli­k die belangriks­te beginsel om te onthou wanneer jy ou wingerde snoei.”

Kruger het gesê op die plaas Jakkalsfon­tein het hulle groot sukses behaal deur swak hout terug te snoei tot eenoog-tappies. Sterk hout is gebruik vir tweeoog-tappies. In ’n Tinta barocca-wingerd wat op dié manier gesnoei is, en ook ’n bietjie bemesting en “liefde” gegee is, het die opbrengs in slegs een jaar gestyg van 3,2 t/ha tot 5 t/ha.

Danksy beter snoeiprakt­yke het ’n 120 jaar oue Cinsault-wingerd op Wellington, waarmee Mullineux & Leeu Family Vineyards wyn maak, die afgelope vyf jaar bykans 4 ton druiwe per hektaar meer gelewer, van 2 t/ha tot 6 t/ha. Daar is ook 15% stokke ingeplant, volgens die Ouwingerd-projek se reëls.

OU HOUT

Kruger se raad is om nooit terug te sny in ou hout nie. “Moenie die ou arms terugsny nie, selfs al doen die Italianers dit. Groter snoeiwonde beteken daar is ’n groter kans vir houtgedraa­gde siektes om in te kom.”

Sy beveel aan dat boere slegs een of twee jaar oue hout sny.

Waak ook daarteen om in die reën te snoei en gebruik baie organiese blaarvoedi­ng regdeur die seisoen.

LOS ’N STUKKIE

Suier tot drie lote per tappie, nie twee nie, en los ’n ekstra klein tappie aan die bokant van ’n bosstok.

Dié raad het Kruger op die plaas Jakkalsfon­tein geleer.

“Dit los meer skaduwee vir die druiwe en verskaf ’n groter fabriek vir die wingerd. Jy hoef dan ook nie so baie te top nie, want top beteken jy verloor energie.”

VERLAAG SIEKTEDRUK

Probeer jaarliks makwortels verwyder. As jy nie alles kan verwyder nie, verwyder wat jy kan.

Kruger meen dis beter om ’n bosstok te snoei en te suier sodat dit eerder ’n regop vorm het as om horisontaa­l te groei.

“Die lote moet regop groei, selfs al moet jy ’n bietjie terugsnoei of top. Dit sal die windvloei verhoog en siektedruk verlaag,” het Kruger gesê.

 ?? FOTO: OUWINGERD-PROJEK ?? OUD, MAAR BESLIS NIE KOUD. Hierdie ou wingerd is in ’n uitstekend­e toestand danksy die regte snoei- en bestuurspr­aktyke.
FOTO: OUWINGERD-PROJEK OUD, MAAR BESLIS NIE KOUD. Hierdie ou wingerd is in ’n uitstekend­e toestand danksy die regte snoei- en bestuurspr­aktyke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa