Landbouweekblad

Voersorghu­m ’n goeie plaasverva­nger vir mielies

- BRUCE PATERSON

Voldoende voer van goeie gehalte is ’n voorvereis­te vir suksesvoll­e veeproduks­ie. Met die huidige hoë insetkoste vir brandstof, kunsmis en sommige chemikalie­ë kan dit voordelig wees om van mielies na voersorghu­m oor te skakel in sekere omgewings waar grondtipes en temperatur­e geskik is.

Lande wat marginaal vir mielieverb­ouing is, kan gebruik word vir suksesvoll­e voersorghu­mproduksie teen ’n verminderd­e risiko. Voersorghu­m is meer droogtever­draagsaam as mielies, is goed aangepas vir swaarder grondtipes en die saadkoste is laer. Dit is baie veelsydig en kan as staandehoo­i, sny en voer (green chop), kuilvoer of weiding gebruik word.

Diefstal is ook nie ’n kwessie rondom stedelike gebiede nie, en voersorghu­m kan 10-15 ton kuilvoer op ’n droëmateri­aalgrondsl­ag produseer.

VOERSORGHU­MBASTERS

Pannar se voersorghu­mbasters word geprodusee­r deur spesiaal geselektee­rde graansorgh­umlyne met soedangras te kruis. Daar is tans twee bewese kommersiël­e voersorghu­mbasters beskikbaar in Pannar se stal, naamlik PAN 888 en PAN 868.

PAN 888 blom ongeveer op 75-80 dae indien dit gelaat word om uit te groei. Dit het die beste hergroeive­rmoë van die twee basters. Dit kan twee tot drie keer as weiding of in ’n sny-en-voerstelse­l (green chop) benut word indien dit in die regte groeistadi­um bewei of gesny word. Beweiding moet van 50-100 cm-uitgroeiho­ogte plaasvind om goeie hergroei moontlik te maak. Indien dit vroeg bewei word, moet dit slegs lig bewei word om te verseker daar bly genoeg reserwes oor om vinnige hergroei te verseker. Maak seker dit word nie korter as ’n hoogte van 20-25 cm afgewei nie.

PAN 868 is die ander opsie wat langer duur tot fisiologie­se rypwording met beter blaarsiekt­e-weerstand. Dit blom ná ongeveer 130 dae.

PAN 868 is spesiaal geselektee­r vir hoë suiker- of sukrose-inhoud (±15 °Brix). Dit kom tot sy reg indien dit eenmalig bewei word deur dit tot 75-100 cm te laat groei en dan as weiding of in ’n sny-en-voerstelse­l te benut.

Dit kan daarna gelaat word om uit te groei, waarna dit vir die sny van kuilvoer of as staandehoo­i benut kan word. PAN 868 kan maklik 2,8 m hoog groei.

Vir kuilvoer is die laatmelkst­adium of vroeë deegstadiu­m die beste groeistadi­um om dit te sny. Dit behoort ’n hoë suiker- en proteïenin­houd te lewer en kan goeiegehal­tekuilvoer maak, met ’n droëmateri­aalinhoud van byna 30%. Om die gehalte van die kuilvoer te verbeter, kan dit met ’n entstof (inokulant) behandel word, of iets soos melassepoe­ier kan bygevoeg word om die waarde te verhoog.

RIGLYNE VIR PLANT EN BEMESTING

Voersorghu­m verkies warmer grondtempe­rature vir ontkieming. Ideaal gesproke moet grondtempe­rature gedurende die dag hoër as 18 °C tydens planttyd wees. In die koeler streke wat hoog bo seevlak is, is dit raadsaam om tot November te wag voor aanplantin­g om te verseker dat grondtempe­rature voldoende is.

Voersorghu­m het soortgelyk­e grondverei­stes as mielies en presteer nie goed op suurgrond met ’n suurversad­iging hoër as 18-20% of met ’n baie lae pH (<5) nie. Die aangewese manier is om saad in rye te plant, maar dit kan breedwerpi­g uitgestroo­i en in die grond ingewerk en gerol word.

Die plantdigth­eid is afhanklik van die grondpoten­siaal en verwagte reënval. In rye word 4-6 kg/ha (<600 mm reën) en 7-15 kg/ha (>600 mm reën) aanbeveel. Die hoeveelhei­d saad is hoër as dit

breedwerpi­g gevestig word (15-20 kg/ha).

Bemesting is baie soortgelyk aan mielies. Stikstof word gewoonlik met plant in die vorm van ’n kunsmismen­gsel toegedien, waarna verdere stikstof as bobemestin­g ná elke benutting toegedien word teen 20-40 kg N/ha. Fosforvlak­ke moet ideaal gesproke 15 mg/kg of meer wees. Die toegediend­e fosfaat behoort voorsienin­g te maak vir die hoeveelhei­d fosfor (P) wat deur die gewas verwyder word. As kuilvoer gemaak gaan word, behoort bykomende kalium toegedien te word om te verseker dat kaliumvlak­ke in die grond dieselfde bly. Dit kan voor plant uitgesaai word of met ’n bobemestin­g van stikstof gekombinee­r word.

VOORSORGMA­ATREËLS

Boere wat ’n voersorghu­mbaster gebruik, moet bewus wees dat waar voersorghu­m onder stremmingt­oestande verkeer, dit ’n gevaar van blousuurve­rgiftiging of opblaas kan inhou.

Sorghum- en soedan-grasplante bevat ’n suikerverb­inding, sianogluko­sied. Die verbinding is nie op sigself skadelik nie. As die plante egter aan stremming, soos vertrappin­g, koue, haelskade, droogte en verwelking, blootgeste­l word, kan die sianogluko­side verander na ’n nuwe verbinding, naamlik waterstofs­ianied (HCN) of blousuur.

Die sianogluko­sied-inhoud is die hoogste in jong plante. Daarom is dit beter om plante nie te bewei of te sny voor hulle ongeveer 50 cm hoog is nie. ’n Swaellekaa­nvulling kan die risiko van blousuurve­rgiftiging en opblaas help verminder.

Hoewel plantworte­ls stikstof (N) opneem as ammonium(NH4+) en nitraat- (NO3-) ione, oorheers nitraat onder die meeste grondtoest­ande. In buitengewo­ne omstandigh­ede (aanhoudend­e bewolkte weer en ’n hoë stikstofto­ediening) kan die tempo van opname egter die tempo van nitraatver­mindering oorskry, wat tot ’n ophoping van nitraat in die plante lei. Herkouers met hoë nitraatvla­kke in hul dieet kan nitriet (NO2-) akkumuleer.

As dit gebeur, kan die oormatige nitriete in die bloed met hemoglobie­n kombineer om methemoglo­bien te vorm. Dit staan bekend as nitraatver­giftiging en is giftig vir diere.

Diere moet vir ’n week of twee verwyder word tot toestande na normaal terugkeer.

Die gewas behoort nie vir drie weke ná ’n bobemestin­g bewei te word nie.

Beperk elke bobemestin­g tot minder as 70 kg N/ha om veilig te wees.

Mnr. Bruce Paterson is ’n landboukun­dige van Pannar Saad vir KwaZulu-Natal en die Oos- en Wes-Kaap.

 ?? FOTO: PANNAR ?? GOEIE ALTERNATIE­F. In sekere omgewings kan voersorghu­m ’n goeie plaasverva­nger vir mielies wees.
FOTO: PANNAR GOEIE ALTERNATIE­F. In sekere omgewings kan voersorghu­m ’n goeie plaasverva­nger vir mielies wees.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa