Landbouweekblad

KEN ONKRUID EN PLANTSIEKT­ES UIT MET JOU SELFOON

- NAVRAE: Web: www.agricultur­e.basf.com of www.xarvio.com

Boere kan nou danksy BASF se xarvio® Scouting-toepassing makliker knaende siektes of onkruid by hul gewasse uitken. Suid-Afrikaanse boere kan die toepassing gratis op hul slimfoon laai en gebruik om probleme in die veld te identifise­er en te dokumentee­r.

“Met die inligting kan praktiese probleme meer presies geïdentifi­seer en besluite vinniger geneem word oor die geskikte behandelin­g,” sê mnr. André Pretorius, bemarkings­bestuurder van BASF Suid-Afrika.

Die toepassing gee gebruikers toegang tot vinnige en akkurate identifika­sie van belangrike onkruid of siektes wat probleme veroorsaak by bekende gewasse soos graan, mielies, sojabone en sitrus.

’n Gevorderde plantmodel­leringspla­tform, deur landboukun­diges en boere ontwikkel, dryf dit aan en gebruik intydse algoritmes wat aanhoudend die funksional­iteit en presisie van die toepassing verbeter danksy masjienlee­r en die uitruil van data.

Die toepassing se akkuraathe­id sal aanhoudend verbeter namate boere dit gereelder gebruik en foto’s van gewasse, onkruid en siektes oplaai.

’n Foto van die beskadigde of siek plante word op die slimfoon geneem en opgelaai. Só kan stres dadelik waargeneem of blaarskade beraam word. Danksy ’n unieke gemeenskap­sgebaseerd­e radarfunks­ie word gebruikers in staat gestel om gevare en moontlike risiko’s in die omliggende veld te sien, waarop hulle dan betyds kan reageer.

Die toepassing word bestempel as een van die mees outomaties­e, omvattends­te agronomies­e probleemid­entifiseer­ders ter wêreld.

Dit kan meer as 400 verskillen­de onkruide identifise­er en skade eien wat veroorsaak word deur meer as 400 siektes en plae, asook voedingste­korte by meer as 60 gewasse waarneem.

Prys: Gratis (besoek Google Play vir Android-fone of die App Store vir Apple-fone)

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa