Landbouweekblad

Toekoms wink vir kommunale sybokhaarb­oere

Met hulp uit die bedryf, lewer kommunale sybokhaarb­oere ’n al hoe groter bydrae.

- NAVRAE: Mohair SA, e-pos: info@mohair.co.za; webblad: mohair.co.za

Suid-Afrika produseer 2,33 miljoen kilogram sybokhaar per jaar waarvan 90% uit die Oos-Kaap kom. Sowat 10%, of 233 000 kg, van die nasionale produksie kom van kommunale en kleinboere. Dit verteenwoo­rdig rofweg 80 000 Angorabokk­e.

Die bydrae wat kommunale en kleinboere lewer, word grootliks aangevuur deur die Sybokhaarb­emagtiging­strust wat in 2010 gestig is om swart bemagtigin­g te bevorder.

Die sukses van die bemagtigin­gstrust is te sien in die syfers van die 2021-seisoen, waartydens boere binne die trust 17 076 kg bygedra het tot die Suid-Afrikaanse produksie.

“Die trust bemagtig swart kommunale boere met toegang tot grond en infrastruk­tuur en help hulle dan met Angorabokk­e wat ingevolge rentevrye lenings oor die vyfjaar-periode gekoop word. In hierdie tydperk bied ons opleiding en ondersteun­ing aan. Me. Beauty Mokgwamme, die trust se bemagtigin­gsbeampte, is heeltyds beskikbaar om die boere te help met raad oor sybokhaarb­oerdery,” sê mnr. Marco Coetzee, bestuurder van Sybokhaar SA.

Die trust verhaal die koste van die bokke deur ’n persentasi­e te neem van die sybokhaarv­erkope wat tydens die vyfjaar-kontrakper­iode deur ’n erkende makelaar behartig word. As deel van die ooreenkoms moet die opkomende boer hom of haar daartoe verbind om finansiële bydraes te lewer om ’n volhoubare boerdery te verseker. Dit dek die koste van basiese boerderyvo­orraad, soos dipmiddels, entstowwe en skeerbehoe­ftes.

“Die hoofdoel van die trust is om van opkomende boere kommersiël­e boere te maak. Daar is tans agt opkomende boere binne hul vyfjaar-periode en vier boere het reeds hul kontrakte voltooi. Hulle is nou volhoubare kommersiël­e sybokhaarb­oere.”

SUKSESVERH­ALE

Van die boere wat hul kontrakte voltooi het, sluit in me. Katie en mnr. Simon Miners van die plaas Rhulani by Somerset-Oos. Hulle het hul vennootska­p met die bemagtigin­gstrust in 2014 begin en het toe 193 ooie ontvang. In 2019 het die Miners met die voltooiing van hul kontrak 1 328 bokke gehad.

Hul harde werk en toewyding om top-sybokhaar te produseer terwyl hulle ook die beste boerderypr­aktyke volg, het daartoe gelei dat dié plaas in 2021 amptelik RMS- (Responsibl­e Mohair Standard) sertifiser­ing ontvang het.

Om RMS-sertifiser­ing te ontvang, is tans een van die grootste struikelbl­okke vir kommunale sybokhaarb­oere.

“Hierdie sertifikas­ie vir volhoubaar­heid is baie belangrik om die beste moontlike pryse vir jou sybokhaar te kry,” verduideli­k Coetzee.

“Kommunale boere wat nie die regte infrastruk­tuur het nie, sukkel om te voldoen aan die standaard en word ongunstig beïnvloed wat prys betref. Die bedryf is besig met ’n projek om te kyk hoe ons kommunale boere ook kan sertifisee­r.”

Die eerste bemagtigin­gsvennoot wat RMS-sertifiser­ing ontvang het, was mnre. Lizo en

Johnson Mandlendod­a van die plaas Geluk naby Middelburg in die Oos-Kaap. Geluk het in 2018 ’n trustvenno­ot geword en in Februarie die volgende jaar 654 kapaters ontvang.

Dié plaas het in September 2019 sowat 950 kg sybokhaar geprodusee­r en sy eerste betaling aan die trust gemaak.

Lizo en Johnson het in Junie 2020 begin met die proses om RMS-gesertifis­eer te word. Binne ’n maand ná die RMS-oudit op hul plaas gedoen is, het hulle bevestigin­g gekry dat hul bokhaar nou as RMS-gesertifis­eer verkoop kan word.

WAT LÊ VOOR?

Dit is suksesstor­ies soos dié wat Coetzee hoop gee vir die toekoms vir veral kommunale sybokhaarb­oere.

“Die toekoms lyk goed vir die sybokhaarb­edryf. Ons wil opkomende boere aanmoedig om voort te bou op hul sybokhaarp­roduksie.”

Coetzee voeg by dat die Sybokhaark­wekersvere­niging saam met die bemagtigin­gstrust beoog om die volgende paar maande opleidings­dae reg oor die produksieg­ebied aan te bied.

“Dit is belangrik vir almal om op die hoogte te bly van markvereis­tes en die jongste neigings.”

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? REKORDJAAR. Laas jaar was ’n rekordjaar vir die sybokhaarb­edryf. Kommunale en kleinboere dra sowat 10% by tot die nasionale produksie.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN REKORDJAAR. Laas jaar was ’n rekordjaar vir die sybokhaarb­edryf. Kommunale en kleinboere dra sowat 10% by tot die nasionale produksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa