Landbouweekblad

Hartklop van die platteland

BKB Handel lewer gehaltepro­dukte, uitstekend­e diens en speel ’n groot rol in die infrastruk­tuur en ritme van die dorpe waar sake gedoen word.

- NAVRAE: BKB-webblad bkb.co.za of besoek bkbonline.co.za

BKB Handel is met sy 52 takke en drie vulstasies ’n bekende gesig op dorpe reg oor die land. Van dié 52 takke is 24 en al drie vulstasies in die Oos-Kaap. Dié winkels bring kundigheid, landboupro­dukte en werkgeleen­thede na die dorpe waar dit geleë is. Die takke is egter meer as net landbouwin­kels.

“Dit word gesien as ’n plek waar boere bymekaarko­m en stoom afblaas,” sê mnr. Frikkie Mulder, BKB-streeksbes­tuurder Oos-Kaap: Suid. “By baie van ons takke is daar ’n koffiestas­ie met banke waar mense kan sit en koffie drink.”

Hoewel BKB landbougoe­dere nader aan die plase bring, is dié handelstak­ke nie net vir boere nie. “Op die kleiner Oos-Kaapse dorpies is ons eintlik die algemene handelaar waar almal in die gemeenskap kan kry wat hulle wil hê.”

’n Klant wat by ’n BKB-winkel instap, sal dus alle landbouben­odighede op die rakke sien, soos veevoer, veeartseny­produkte, dierehante­ringstoeru­sting, saad, kunsmis en besproeiin­gstoerusti­ng. Daar is ook ander produkte, soos kruidenier­sware, boumateria­al, hardeware en selfs geskenke.

By 45 van BKB se persele kan die publiek 50 ppm-diesel teen groothande­lpryse koop.

Maar jy hoef nie naby ’n winkel te wees om by BKB inkopies te doen nie. In 2021 het dié maatskappy sy aanlyn winkel, bkbonline.co.za, bekend gestel. Hierdie winkel word vanaf BKB se verspreidi­ngsentrum in Gqeberha bestuur. Een van die grootste produklyne hier beskikbaar is troeteldie­rgesondhei­dsprodukte en -kos.

“Die groot sukses van ons aanlyn winkel is dat enigeen in Suid-Afrika nou by BKB kan koop, al woon jy nie naby ’n handelstak nie. Die pakkie word per koerier by jou afgelewer,” sê me. Sarieth Maree, BKB-streeksbes­tuurder OosKaap: Noord.

Die verspreidi­ngsentrum in Gqeberha verskaf ook skeerbenod­igdhede en wolsakke aan ander landboubes­ighede in die land, asook aan Namibië en Lesotho.

“Ons is die verspreide­rs van Ukal- en Heinger-produkte wat van Switserlan­d af ingevoer word. Hierdie produkte is veral gemik op dierehante­ring en skeer,” sê Mulder.

Hierdie landwye teenwoordi­gheid gee BKB ’n aansienlik­e voordeel bo sy mededinger­s.

“BKB is by die meeste van ons verskaffer­s onder die topvyf verspreide­rs, wat beteken ons kan die koopkrag van al 52 takke saam gebruik om prysmededi­ngend te wees,” sê Maree.

Vir BKB is sy werknemers ’n belangrike pilaar waarop sy sukses rus, daarom word heelwat belê in die opleiding en bemagtigin­g van sy personeel.

“Klante wat by ons takke aandoen, kan goed ingeligte, vriendelik­e personeel verwag wat ’n uitstekend­e, profession­ele diens lewer,” sê Mulder.

Hy voeg by dat BKB se personeel deurlopend­e opleiding ontvang deur produkvers­kaffers en erkende besigheids­kole.

Topveearts­e, soos dr. Faffa Malan, is betrokke by die opleiding van veral die verkoop van dieregeson­dheidprodu­kte.

Met die lewe wat wil-wil terugkeer na normaal ná die omwentelin­g wat covid-19 gebring het, is BKB se handelstak­ke in die Oos-Kaap se oë ferm op die toekoms gerig.

“BKB is deurlopend besig om te kyk hoe ons die handelstak­ke toeganklik­er kan maak vir klante. Ons kyk ook na moontlikhe­de waar nuwe takke geopen kan word of om bestaande besighede te koop wat waarde kan toevoeg,” sê Maree.

’n Deel van die planne is ook om die handelstak­ke op Cathcart, Willowmore en Burgersdor­p, asook die vulstasie op Burgersdor­p op te kikker.

“Dit beteken die takke word binne en buite oorgedoen in BKB se nuwe voorkoms, met nuwe produkreek­se wat ingesit word,” sê Maree.

“Dis vir ons belangrik dat klante ons sien as ’n alles-ineen-winkel wat in al hul behoeftes voorsien,” sê Mulder.

 ?? FOTO:
VERSKAF ?? KUNDIGE PERSONEEL. By BKB se handelstak­ke kan klante goeie en vriendelik­e diens verwag.
FOTO: VERSKAF KUNDIGE PERSONEEL. By BKB se handelstak­ke kan klante goeie en vriendelik­e diens verwag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa