Landbouweekblad

NUWE MOONTLIKHE­ID WINK

-

Danksy die toenemende vraag na sonpanele raak verskaffer­s se pryse mededingen­der, en tegnologie maak die panele ál doeltreffe­nder.

Luidens die webwerf extremetec­h.

com kan ’n paar verstellin­gs in sonpaneelt­egnologie uitsette tot twintigvou­dig verbeter. Vir groter doeltreffe­ndheid word dun film oor panele geplaas. Hierdie film omskep ultraviole­t- (UV) strale selfs op bewolkte dae in energie. Hierdie film word uit groente- en vrugterest­e vervaardig, wat dit ekologies vriendelik­er maak.

Mnr. Carvey Ehren Maigue van die Filippyne het verlede jaar die James Dyson-stigting in Amerika se volhoubaar­heidseerbe­wys ontvang vir dié panele wat hy ontwerp het.

“Net soos in die geval van plante absorbeer die deeltjies (in die film) die son se UV-strale en verander dit in sigbare lig. Die panele kan dan die versamelde lig in elektrisit­eit omskakel omdat UV-strale die aarde steeds op bewolkte dae bereik.”

Nog ’n belowende ontwikkeli­ng is die gebruik van ’n termo-elektriese opwekker sodat krag saans deur middel van stralingsv­erkoeling opgewek kan word. Wetenskapl­ikes van die Stanford-universite­it in Amerika sê bestaande sonpanele kan goedkoop aangepas word sodat dit die hitte van die son wat sonpanele bedags absorbeer, snags teruggestr­aal deur die verskil in temperatuu­r tussen die koeler panele en die warmer lug. Hierdie ontwikkeli­ng skakel die noodsaakli­kheid van batterye om die opgewekte elektrisit­eit op te berg, uit.

Suid-Afrikaners staan ook nie terug as dit by die verbeterin­g van sonpanele kom nie. In 2007 het prof. Vivian Alberts, uitvoerend­e hoof van die maatskappy Photovolta­ic Technology Intellectu­al Property, ook ’n filmbedekk­ing aangekondi­g wat saam met plaaslik vervaardig­e glas gebruik kan word om sodoende die koolstofsp­oor te verklein.

’n Toename in drywende sonpanele word ook voorspel, wat sal help om die verdamping van water en die groei van alge te verminder, en gevolglik watergehal­te sal verbeter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa