Landbouweekblad

VOERKRAALH­ELDE

- — CHRIS BURGESS

Vandag sit wyle dr. Michael Bradfield sekerlik met ’n groot glimlag op sy gesig op ons en afkyk. Hoe dan anders, met rooivleisu­itvoer wat so mooi aan die groei is?

Vir jare het Michael gepleit, oral waar hy kon, dat om meer geld met vleisuitvo­er te maak, die enigste manier was vir die rooivleisb­edryf, en veral die vleisbeesb­edryf waarvoor hy so lief was, om uit sy laeprys-kosteknypt­ang te ontsnap.

Dit sou die hele bedryf tot ’n volgende vlak neem. ’n Stygende gety wat alle skepe sou lig, soos Michael dit graag beskryf het. Almal sou baat vind — van kommersiël­e boere tot die madala met sy 30 beeste in die verste uithoek van ’n stamgebied. Daardie beeste wat as deel van die informele sektor byna 40% van die nasionale beeskudde uitmaak, maar nog glad nie juis kommersiee­l ingespan is tot voordeel van die land nie. ’n Reusegelee­ntheid.

Ons kry te min vir ons beeste, was Michael se eenvoudige refrein. Ons pryse, het hy destyds vertel, was meer in ooreenstem­ming met dié van Pakistan, wat nie eens oor ’n noemenswaa­rdige voerkraalb­edryf beskik nie. Suid-Afrika se natuurlike­r mededinger­s — Australië en Amerika — het destyds tot twee keer meer vir hul beesvleis gekry as Suid-Afrika.

Met die opstel van die meesterpla­n vir die landbou en landbouver­werking het Michael se visie begin gestalte kry. Die kundigheid van die buro vir voedsel- en landboubel­eid (BFAP) is betrek om somme te maak oor die potensiaal van ’n rooivleisu­itvoerbedr­yf. BFAP se berekening­e het gewys indien Suid-Afrika se beesvleisu­itvoer kan groei tot waar die land 20% van sy produksie uitvoer, kan ’n verstommen­de R8,3 miljard per jaar ekstra in die waardekett­ing verdien word.

Almal sal baat vind, en vir boere spesifiek kan dit ’n ekstra R15/kg per klas A2/3-karkas beteken.

Hoe mooi is dit dan dat prof. Johan Willemse, sekerlik een van Suid-Afrika se voorste rooivleisk­enners, in hierdie uitgawe (bl. 26) kan skryf oor hoe ons vleisuitvo­er na veral die Midde-Ooste en China nou help om die plaaslike mark vir rooivleis te stut. Met nuwe internasio­nale markte is pryse nie meer ekslusief aangewese op plaaslike verbruik nie. Veral noudat verbruiker­s erg swaarkry met brandstofp­ryse wat buite beheer is en stygende lewenskost­e.

En dan is daar ook nog ’n toestromin­g van betreklik goedkoop varkvleis op die mark, wat ook van rooivleis se markaandee­l wegkalwe. Nogtans staan klas A-beesvleis stewig by R62/kg, en die prys van lamsvleis is die afgelope tyd selfs bo R100/kg.

Die voerkrale is in baie opsigte die helde in hierdie mooi storie. Groeiende Suid-Afrikaanse uitvoer na die reuse- Chinese mark is juis te danke aan spesifieke beesvoerkr­ale wat baie werk gedoen het om aan hul kopers se vereistes te voldoen, soos Johan verduideli­k. Ook nuwe markte, soos Saoedi-Arabië, Katar, die Verenigde Arabiese Emirate, Jemen, Koeweit en Jordanië, is te dankie aan die voerkrale se harde werk op veral internasio­nale voedselsko­ue. Dit maak ’n mens skoon trots om te dink ons vleisprodu­kte van wêreldgeha­lte begin uiteindeli­k die internasio­nale aansien geniet wat dit toekom.

Die sleutel tot dié sukses was die voerkrale se vermoë om met die nuwe uitvoerbes­temmings te onderhande­l met die versekerin­g van naspeurbaa­rheidstels­els wat ’n aantal voerkrale self ontwikkel het en tans toepas. Stelsels wat goed genoeg is om internasio­nale klante tevrede te stel.

Nou moet hierdie deurslagge­wende stelsels net verder deur die hele bedryf suurdeeg, en ’n mooi storie kan net mooier raak. Michael sou in sy noppies gewees het.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa