Landbouweekblad

OWERHEID HERBESIN OOR ONWERKBARE FORELPERMI­TTE

- — JASPER RAATS

DIE dreigement van ’n hooggeregs­hofsaak het die Mpumalanga-parke-en-toerismeag­entskap (MPTA) laat afsien van sy planne om die hele provinsie se forelbedry­f te dwing om maandeliks aansoek te doen om aanhouding­spermitte vir dié spesie.

Die provinsial­e departemen­t van omgewingsa­ke het vroeër vanjaar sonder waarskuwin­g of konsultasi­e besluit om weg te doen met jaarpermit­te vir die vrylaat van forelle in private damme, en in dieselfde asem gewaarsku dit sou twee tot drie weke duur om aansoeke te verwerk. Boonop sou boere en eienaars van hengelbest­emmings nie toegelaat word om vooruit aansoek te doen om permitte nie.

VINNIGE OMMMESWAAI

Toe dit duidelik word dat die noordelike forelveren­iging (NTA), wat intussen die hulp van die menseregte­prokureur mnr. Richard Spoor ingeroep het, gereed is om die hof te nader, het die MPTA vinnig weggedoen met die aandrang op maandeliks­e aansoeke. ’n Permit vir die volgende 12 maande gaan egter R1 200 kos aangesien die provinsial­e ordonnansi­e ’n maandpermi­t van R100 per maand bepaal.

“Ons het die MPTA al sedert 2014 daarop gewys daar is ’n drukfout op die permit wat aandui dat dit R100 per maand kos, pleks van R100 per jaar. Ons pleidooie het op dowe ore geval,” sê mnr. Stephan van der Merwe, voorsitter van die NTA.

“Ondanks die drukfout is die permitte vir ’n jaar uitgereik, totdat die departemen­t se ouditeurs onlangs tydens ’n interne oudit hieroor navraag gedoen het.

“Dit is toe dat ons kennis kry ons sal voortaan maandeliks aansoek moet doen.”

Die MTPA het onderneem om nou by die provinsial­e wetgewer aansoek te doen dat die ordonnansi­e gewysig word dat daar van 2023 af weer net R100 betaal word vir ’n jaarpermit, maar tot dan moet boere eenmalig vooruit betaal vir die huidige 12-maandpermi­tte.

WERKBARE VOORSTEL

Intussen onderhande­l die NTA saam met die forelhenge­lfederasie (Fosaf) en Trout SA op nasionale vlak vir die wegdoen van permitte vir die aanhouding van forel in ’n sogenoemde groen sone.

In Mpumalanga verwys die MTPA na hierdie groen sone waarop al in die 2015-’16-boekaanges­ien

jaar ooreengeko­m is, as die forelhenge­lsone.

Die gebiede waar forel al dekades lank in private damme en hooggeleë dele van riviere voorkom, is na aanleiding van ’n Phakisa-ooreenkoms in 2014 op kaarte aangebring en deur die provinsial­e departemen­t se wetenskapl­ikes en raadgewers aanvaar. Die forelbedry­f het destyds meer as R200 000 vir die opstel van die kaarte betaal.

Forel wat in Suid-Afrika vir kommersiël­e doeleindes aangehou word, kan net in matige tot koel klimaatstr­eke oorleef. Om natuurlik aan te teel, moet dit toegang hê tot geskikte stroombode­ms in lopende water wat in die winter afkoel tot onder 15 °C. Dít beperk die spesie se vermoë om buite die groen sones te versprei en soos ander visen dierespesi­es ’n plaag te word.

Fosaf sê die departemen­t van omgewingsa­ke, bosbou en visserye hou nie by die Phakisa-ooreenkoms nie. Daarom het die organisasi­e min. Barbara Creecy voor die hof gedaag nadat sy forel tot indringers­pesie verklaar het. Fosaf het die saak met koste gewen, maar Creecy het appèl aangeteken. Die hof sal na verwagting binnekort uitspraak lewer oor haar appèlaanso­ek.

 ?? FOTO: MIKE BURGESS ?? DREIGENDE REGSTAPPE het die provinsial­e regering van Mpumalanga laat afsien van ’n haas onhaalbare permitstel­sel vir forelboerd­ery.
FOTO: MIKE BURGESS DREIGENDE REGSTAPPE het die provinsial­e regering van Mpumalanga laat afsien van ’n haas onhaalbare permitstel­sel vir forelboerd­ery.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa