GRONDBEWERKING
wat deur grond vibreer en nie die eienskappe van die grond versteur nie. Binne die ystersilinder is daar ’n plastiekbuis wat uitgehaal en deurgrond kundiges oopgesny word om grond klassifikasie doeltreffend te kan doen.
Daar word dus ’n profielgat in elke hektaar van die plaas gemaak. In die verlede sou dit baie arbeidsintensief en moeilik in die praktyk wees.
In die geval van chemiese roosterontleding word dit elke twee tot drie jaar herhalend op dieselfde grond gedoen as gevolg van variasie wat ontstaan van onder meer bemesting, loging en onttrekking.
As grond klassifikasie reg aangepak word, is dit net nodig om dit een keer te doen. Dan kan die data elke jaar gebruik en net verfyn word volgens opbrengsresultate. Die rede is dat die fisieke grondeienskappe nie sal verander nie.
Dit is dus vaste data wat as grondslag gebruik word om verskillende kaarte vir plantestand en bemesting te kan skryf. Opbrengsdata kan daaroor geplaas word om doeltreffend en meer optimale besluite te kan neem ten opsigte van produkbesluite. Opbrengsdata word dus optimaal benut, want nou kan afleidings gemaak word oor watter impak die grondeienskappe gehad het op die opbrengs of die resultaat – goed of sleg – ten opsigte van ander faktore, soos grondchemie of bemesting.
Opbrengsdata en chemiese ontleding verander elke jaar soos seisoene en opbrengste verskil. Die vaste eienskap van grond klassifikasie as grondslag omverskille te probeer bestuur, te verstaan ente optimaliseer, is onontbeerlik en van onskatbare waarde.
GEBRUIKSWAARDE VAN GROND KLASSIFIKASIE
Dit is belangrik om die waarde van grondontleding te ontsluit deur dit prakties te interpreteer en besluitneming aan te pas volgens die grond se eienskappe. Daar word altyd verwys na die feit dat mense saam met die natuur moet werk, maar dit kan slegs van waarde wees as mense weet wat die natuur benodig.
As daar in ag geneem word hoe hoog
die produksiekoste vir mielieproduksie op droëland (R10 000-R25 000/ha) is, is dit onontbeerlik om te weet met watter soort grond daar gewerk word. Die regte besluite ten opsigte van plantestand, rywydtes, bewerking en bemesting kan die verskil wees tussen goeie wins of selfs verlies.
Dit raak eenvoudig te duur om te raai oor kritieke besluite. Dit is belangrik om die grond se voedingstatus só te bestuur dat die grond se potensiaal wel verwesenlik kan word en die risiko so laag moontlik gehou word. Dit moet gedoen word deur roostergrondontledings. Verskillende plantestand en verskillende bemesting is belangrik om die variasies te bestuur.
Daar sal in die volgende artikel gekyk word na hoe dit gedoen kan word, maar dit kan net doeltreffend en optimaal in produksiestelsels ingebring word as die regte grondklassifikasiedata beskikbaar is. Wisselende stand en bemesting is nie noodwendig besparend nie, maar volgens grondvariasie kan dit wel reg bestuur word sodat alles optimaal funksioneer vir maksimum wins.
Om dít te illustreer, is die besluitneming om grond te bewerk. Natuurlike verdigting kom voor by grond wat minder as 21% klei bevat, tot op ’n diepte van 30-80 cm. Boere moet dus weet waar dié soort grond voorkom en bewerkingsdieptes en praktyke daarvolgens aanpas.
Die wete dat sterker klei- en hoë KUKgrond nie noodwendig gunstig reageer op bewerkings nie, en geenbewerking daar sterk aanbeveel word, kan lei tot groot besparings. Só word onnodige bewerkingskoste ook vermy. Op die onderstaande kaart kan gesien word hoe dit op ’n plaas kan verskil en hoe beter beplan kan word as goeie inligting beskikbaar is.
Mnr. Thomas Strydom is die besturende direkteur van Sion Agri, ’n konsultasiemaatskappy wat boere onafhanklik adviseer oor gewasverbouing en grondgesondheid en -vrugbaarheid.