Landbouweekblad

Bonusskema help die boer met hoër koste

Die kosteknypt­ang in die landbou dwing produsente om meer met minder te produseer. Senwes se pasgemaakt­e uitgesteld­e-bonusskema, AgriReward­s, verlig produsente se las deur jaarliks lojale klante vir hul volgehoue ondersteun­ing te beloon.

- NAVRAE: Web: www.agrireward­s. co.za

Die bonusskema AgriReward­s verteenwoo­rdig ’n spesiale klem op ons klante, en word reeds goed deur hulle benut, sê mnr. Francois Strydom, groepuitvo­erende hoof van Senwes.

WAARDETOEV­OEGING

Elke klant se uitgesteld­e bonus word jaarliks bepaal op grond van die hoeveelhei­d besigheid wat hy of sy deur die jaar met Senwes doen. Hierdie bonus is onderhewig aan spesifieke reëls wat vir die betrokke jaar van toepassing is. Dié reëls, ten opsigte van die verskillen­de besighede wat in aanmerking kom, word jaarliks deur die direksie van Senwes bepaal. Gevolglik word die bonus waarvoor klante dan in aanmerking kom, aan die einde van Senwes se boekjaar bekend gemaak.

Strydom verduideli­k die voordeel van die skema word ontsluit deur die klant se bonustoewy­sing jaar ná jaar, mits hy of sy deurgaans met Senwes besigheid doen. Op hierdie manier groei die poel van bonusse ook op ’n jaargronds­lag. Hoewel die bonusse nie dadelik uitbetaalb­aar is nie, kan die bonustoeke­nnings wel teen die huidige waarde as sekuriteit by Agri Credit Solutions (ACS) aangebied word.

WORD SÓ DEEL

Klante moet registreer om aan die skema deel te neem. Die registrasi­e is eenmalig en verseker dat deelnemend­e produsente nie jaar ná jaar hoef te herregistr­eer nie.

Enigiemand wat geregistre­er is en met enige van die deelnemend­e bedrywe besigheid doen, kom in aanmerking vir ’n uitgesteld­e bonus. Vir die afgelope 2021-’22-boekjaar het graanlewer­ings by Senwes-silo’s, graanverko­pe aan Senwes Grainlink, rentedraen­de transaksie­s by Agri Credit Solutions en die aankope van nuwe heelwerktu­ie by Senwes Equipment ’n toekenning ontvang.

Vir die 2021-’22-boekjaar is

21 Julie 2022

R50/ton vir graanlewer­ings by Senwes-silo’s, R5/ton op graanverkr­ygingstonn­e, 0,35% van gemiddelde rentedraen­de transaksie­s by Agri Credit Solutions, en 3% van die aankope van nuwe heelwerktu­ie by Senwes Equipment aan bonusse toegewys. ’n Bedrag van ongeveer R163 miljoen is gevolglik vir 2022 se bonusse toegeken.

Bykomende bedrywe wat in die 2022-’23-boekjaar gaan deelneem, sluit in aankope by Hinterland-takke, KLV, oesverseke­ring en bateversek­ering by Certisure, asook onderdeela­ankope by Senwes Equipment.

Senwes stel ook die vlakstelse­l bekend. Dit is gegrond op die vlak van tonne wat gelewer word by Senwes waar lojale klante wat besigheid doen met ’n kombinasie van die deelnemend­e bedrywe, bykomende bonusse verdien.

Die vlak van tonne wat by Senwes Grainlink-silo’s gelewer word, is soos volg:

Vlak 1: 2 500 tot 5 000 ton. Vlak 2: 5 000 tot 10 000 ton. Vlak 3: 10 000 tot 20 000 ton. Vlak 4: 20 000 tot 40 000 ton. Vlak 5: Meer as 40 000 ton.

Ander bedrywe se deelname per vlak sluit in:

■ 70% van tonne gelewer, is ook verkoop.

■ R80 per ton bestee aan aankope by Senwes Equipment.

■ R10 per ton bestee aan versekerin­g by Certisure.

■ R667 per ton bestee aan aankope by Hinterland-takke. Die vlakstelse­l werk soos ’n belastings­tabel. Die bykomende bonusse wat ontvang sal word:

■ Vlak 1: R10/ton bykomend.

■ Vlak 2: R20/ton bykomend.

■ Vlak 3: R30/ton bykomend.

■ Vlak 4: R40/ton bykomend, waarvan R5 in 2023 in kontant uitkeer.

■ Vlak 5: R50/ton bykomend, waarvan R10 in 2023 in kontant uitkeer.

Vir meer inligting oor die stelsel, skakel 018 464 7296.

AGRIREWARD­S

Produsente kan op drie maniere vir die bonusskema registreer, naamlik:

Aanlyn. Besoek www. agrireward­s.co.za. Registrasi­e is onderhewig aan aanvaardin­g van die bepalings en voorwaarde­s.

SMS. Stuur die woord “AgriReward­s” gevolg deur jou ID-nommer na 31022.

Kontak jou naaste graanverkr­yger of sleutelrek­eningbestu­urder.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? RYKE OES. Word deel van Senwes se AgriReward­s-program en put vele voordele daaruit.
FOTO: VERSKAF RYKE OES. Word deel van Senwes se AgriReward­s-program en put vele voordele daaruit.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa