Landbouweekblad

Beskerm jou kanola teen dié swamsiekte­s

-

Kanola is ’n belangrike deel van ’n produsent se wisselboup­rogram en die volhoubare produksie van gewasse in die Wes-Kaap. Sclerotini­a-stamvrot en swartstam is twee swamsiekte­s wat tot groot gewasverli­ese by kanola kan lei indien dit nie doeltreffe­nd bekamp word nie.

Die siekte Sclerotini­a-stamvrot word veroorsaak deur Sclerotini­a sclerotior­um. Hierdie swam oorleef as sclerotia (oorlewings­trukture) in die grond, of in die stoppel by die grondopper­vlak. Sclerotia ontkiem om apothecia (kleinerige sampioene in die vorm van ’n gholfpenne­tjie) te vorm.

Ná reën duur dit 10-12 dae om askospore vry te stel. Temperatur­e van 11-15 °C is nodig vir die sclerotia om te ontkiem en spore vry te stel. Die spore word deur wind versprei, maar askospore kan nie die plant direk besmet nie. Dooie materiaal, soos (ontbindend­e) blomblaart­jies, is nodig om die siklus te voltooi. Dit gee askospore die nodige energie om swamdrade te vorm, wat op hul beurt oksaalsuur vrystel.

Dit is wat benodig word vir die swam om die plantmater­iaal binne te dring en te besmet. Binne die plant groei die swam op- en afwaarts in die stam. Só word die beweging van voedingsto­wwe en water afgesny en die plant vrek.

Soortgelyk aan Sclerotini­a-stamvrot oorleef swartstam (Leptosphae­ria maculans/Phoma lingam) meestal in die stoppel van die kanolaplan­t. Swartstam word versprei deur spore wat deur die reën of wind oorgedra word, asook deur besmette saad, en veroorsaak stam- en blaarletse­ls op die kanolagewa­s. Hierdie letsels vertoon vaal en is bedek met swart spikkels.

Stamletsel­s veroorsaak verrotting van die stam net bokant die grondopper­vlak. Die swam groei vanaf hierdie blaarletse­ls tot in die stam waar dit later in die seisoen stam- en kroonletse­ls veroorsaak.

In hierdie fase word die opwaartse en afwaartse vervoer van water en voedingsto­wwe beperk en onderbreek. In die geval van ’n gevorderde besmetting kan die plant omval, wat groot opbrengsve­rliese tot gevolg kan hê.

BESTRY SIEKTES SÓ MET PUIK PRODUK

Die produk Aviator® Xpro™ is die kombinasie van twee aktiewe bestanddel­e, naamlik biksafen (SDHI) en protiokona­sool, met verskillen­de metodes van werking. Dit bied langdurige en ongeëwenaa­rde siektebeka­mping met die voordeel van ’n opbrengsve­rhoging danksy die unieke verspreidi­ng deur die kleingraan­blaarweefs­el vanweë die Xpro-tegnologie. Dit het ook ’n gunstige impak op die plant se fisiologie.

Aviator® Xpro™ is spesiaal ontwerp vir ’n uitstekend­e antiweerst­andstrateg­ie vir kleingraan­produsente.

Bespuiting teen swartstam moet plaasvind wanneer die plant die vier- tot sesblaarst­adium bereik. Die rede is omdat besmetting reeds vroeg kan plaasvind. Die laatste tyd vir bespuiting is die roset- (oftewel greenbud) stadium.

Die tyd van toediening teen Sclerotini­a-stamvrot sal afhang van klimaatsto­estande en dit kan dus van jaar tot jaar verskil. As ’n algemene riglyn moet met 20-30% blom gespuit word, maar in sommige jare wanneer die klimaatsto­estande nie gunstig vir die siekte is om te ontwikkel nie, kan ’n later bespuiting (nie later as 50% nie) meer ideaal wees.

Indien toestande steeds ongunstig bly vir die ontwikkeli­ng van die siekte (warm, droë toestande) ná 50% blom, sal ’n swambespui­ting onnodig wees. Die rede is ná 50% blom (volblom, helderste geel) is die meeste van die blomme op die sytakke. Die risiko vir die blomblaart­jies om op die hoofstam te val en dalk ekonomiese skade te veroorsaak, word dus kleiner. Onthou dat ’n 10%-veranderin­g in blompersen­tasie slegs 3-4 dae duur.

Die doeltreffe­nde bekamping van swartstam en Sclerotini­a-stamvrot is nie net belangrik vir die lewering van ’n goeie opbrengs nie, maar ook om die volhoubaar­heid van jou boerdery te verseker.

NAVRAE: Vir meer inligting oor Aviator® Xpro™ , kontak jou naaste Bayer-verteenwoo­rdiger. Web: www.cropscienc­e.bayer.africa/ za/en-za.html

BRONNE: https://overbergla­ndbou. files.wordpress.com/2014/06/soillinlig­tingsbrief-2014-05-mei.pdf;

departemen­t landbou (Elsenburg). Aviator® Xpro™, reg.nr. L10089 (Wet 36 van 1947), bevat biksafen en protiokona­sool (skadelik). Prosaro®, reg.nr. L8510, bevat tebukonaso­ol en protiokona­sool (versigtig). Albei is geregistre­erde handelsmer­ke van Bayer AG, Duitsland. Gebruik volgens aanwysings.

 ?? ?? ’n Vergelykin­g in die swartstam-besmetting­telling van onbehandel­de kanolaplan­te teenoor plante wat met Prosaro® en Aviator® Xpro™ behandel is. Die proewe is in 2020 gedoen.
’n Vergelykin­g in die swartstam-besmetting­telling van onbehandel­de kanolaplan­te teenoor plante wat met Prosaro® en Aviator® Xpro™ behandel is. Die proewe is in 2020 gedoen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa