Landbouweekblad

Integritei­t sleutel tot sukses

Maklik, eerlik, direk. Dít is Veilingswi­nkel se leuse en hy streef daagliks daarna om dit uit te leef.

- NAVRAE: Wildswinke­l, web: www. wildswinke­l.co.za; Veewinkel, Facebook: @GWKVeewink­el; Die Winkel, web: www.die-winkel.co.za

Vir mnr. Jaco Pretorius, uitvoerend­e hoof van Veilingswi­nkel, is die integritei­t waarmee dié afslaer sake doen, die geheim agter sy vinnige opgang in die afslaersbe­dryf. Dié maatskappy het in die wildbedryf met Wildswinke­l begin en in 2017 ’n omset van ongeveer R1,5 miljard getoon. “Ek dink ons het dit reggekry om baie vinnig ’n handelsmer­k te skep wat vertroue by kliënte gewen het.”

Vandag het die maatskappy drie afdelings: Wildswinke­l, Veewinkel en Die Winkel, met Veilingswi­nkel as die moedermaat­skappy. “Veewinkel konsentree­r op lewende hawe en Die Winkel behartig masjinerie, toerusting en werktuie.”

Veewinkel maak naam in die lewendehaw­ebedryf, veral deur sy ondersteun­ing van nuwe rasse, soos die Ankole.

“Ons bied die afgelope twee jaar met groot sukses die nasionale Ankole-veiling aan. Vanjaar se veiling het ’n omset van R21 miljoen gehad. Ek meen dit is een van die grootste veeveiling­s wat nóg aangebied is.”

Dit gaan egter vir Pretorius oor meer as net dié tipe prestasies. “Dit is vir ons belangrik om ’n platform te skep waar kopers waarde kry en die verkopers maksimum blootstell­ing kry.”

’n Groot deel van Veilingswi­nkel se sukses is te danke aan sy wêreldklas- aanlyn platform.

“Ons het dit in 2015 ontwikkel, lank vóór die covid-19-pandemie. Dit vorm ’n kerndeel van ons besigheid en is gebruikers­vriendelik. Dit is beskikbaar op die web en slimfoonto­epassing en bereik baie klante,” sê Pretorius. “Mense het groot vertroue in ons aanlyn platforms en hulle bie van enige plek in Suid-Afrika.”

Benewens integritei­t en tegnologie wat Veilingswi­nkel kenmerk, is die diens wat hy lewer ook wêreldklas. Veilingswi­nkel het ervare bemarkers met uitstekend­e kennis van hul onderskeie gebiede.

“Ons is trots om te wees waar ons is. Die besigheid toon uitstekend­e groei en ons is gereed om hande te vat met ons klante om ’n volhoubare pad met hulle in die bedryf te stap.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa