Landbouweekblad

Veilings hou mark veilig

Met ’n klem op marktoegan­g, doeltreffe­ndheid en veiligheid het veilings nog ’n groot rol om in die toekoms te speel.

- NAVRAE: Web: bkb.co.za

In die algemeen gaan dit goed met die lewendehaw­ebedryf, veral as ’n mens daarna kyk binne die konteks van die wêreldwye vraag na rooivleis. Só sê dr. Cobus Oberholste­r, BKB se hoofbestuu­rder vir lewende hawe en afslaersdi­enste. Hy voeg by dat ongunstige persepsies wel oor rooivleis bestaan, maar dit plaas nie ’n demper op die mark nie.

“Rooivleis word byvoorbeel­d gesien as die mees ondoeltref­fende voedsel as gekyk word na die hoeveelhei­d grondstoww­e wat verbruik word per kilogram vleis geprodusee­r. Dan word lewende hawe ook beskou as een van die grootste waterverbr­uikers ter wêreld. Ten spyte hiervan is die vraag na vleis enorm.”

Oberholste­r verwys na BFAP se rooivleisb­edryfstrat­egie vir 2030 wat ’n gunstige prentjie vir die binnelands­e bedryf skets. Daarin word ’n groei van 20% bo die huidige genoem en R12 miljard wat rooivleis sal bydra tot Suid-Afrika se agri-BBP.

Met minder as die helfte van diere in Suid-Afrika wat deur die veilingspr­oses verkoop word, wat is veilings se rol vir die toekoms? “Veilings het ’n groot rol om te speel. Dit bied marktoegan­g vir die hele spektrum van boere. Dit is ook ’n deursigtig­e prysmakend­e meganisme wat dit veilig maak vir die koper en verkoper.”

Hy noem die rol wat veilings speel in risikobest­uur omdat dit deur ’n onderligge­nde proses gedryf word wat onder meer gedokument­eerde bewyse en ’n keuringspr­oses vereis. Dit alles pas in by BKB se doelstelli­ngs vir die lewendehaw­ebedryf, naamlik toeganklik­heid, doeltreffe­ndheid en veiligheid.

Oberholste­r meen wel veilings se funksies gaan in die toekoms ’n paar dimensies bykry.

“Die eerste dimensie is biosekerhe­id, dus sal ons moet deelneem aan naspeurbaa­rheid. Dan moet ons die mark toeganklik maak deur kleinboere op ’n kostedoelt­reffende manier in te sluit.”

Wat veiligheid betref, sê hy BKB moet die regte infrastruk­tuur skep om die welstand van mens en dier te beskerm.

BKB het die daad by die woord gevoeg met die oprigting van die BKB Hoëveld-veilingsen­trum in Standerton, Mpumalanga. Dié sentrum, wat met die samewerkin­g van die Verster-familietru­st gebou is, is uniek omdat vier afslaers gelyktydig op een dag veilings kan hou.

“Dit is ’n moderne sentrum en die groot voordeel daarvan is dat ons die hele bedryf dien,” sê mnr. Frik Verster, streeksbes­tuurder vir BKB Noord.

“Ons akkommodee­r al die afslaers, selfs ons mededinger­s, sodat ons die hele streek ’n gelyke speelveld gee.”

Verster voeg by dat groot klem geplaas word op biosekerhe­id by die sentrum. “Ons het biosekerhe­id teen groot koste ingebring en het baie streng kontrole daaroor.”

Om doeltreffe­nder te funksionee­r, het BKB ook sy noordelike streke gekonsolid­eer deur BKB Van Wyk en BKB Louwid saam te smelt om BKB Noord te vorm. Die streek se sentrale kantoor is op Frankfort in die Vrystaat gesetel.

“Die administra­sie van die streek word van daar gedoen. Dit maak dit makliker vir die besigheids­bestuurder om sy span bemarkers te bestuur.

“Die groot voordeel vir die boer is dat die kundige ouens weer saam met hom in die veld kom en beplan vir die bemarking van sy lewende hawe.”

BKB sal in die toekoms verdeel wees in die noordelike en suidelike streek met die Oranjerivi­er as skeidslyn. Dit is om ’n nóg doeltreffe­nder diens te lewer. Vir Oberholste­r is hierdie ontwikkeli­ng deel van BKB se strewe om die regte veilingsin­frastruktu­ur op die regte plekke in die land te hê.

“Jy kan nie diere reg hanteer en dieresiekt­es bekamp as jou infrastruk­tuur nie reg is nie,” sê hy.

 ?? FOTO:VERSKAF ?? DIE BKB HOËVELD-veilingsen­trum bied ’n unieke veilingsdi­ens in die streek.
FOTO:VERSKAF DIE BKB HOËVELD-veilingsen­trum bied ’n unieke veilingsdi­ens in die streek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa